AF/Prabhupada 0072 - Oorgawe is die Besigheid van 'n Dienaar

The printable version is no longer supported and may have rendering errors. Please update your browser bookmarks and please use the default browser print function instead.


Lecture on CC Madhya-lila 20.108-109 -- New York, July 15, 1976

So, niemand kan die meester wees nie. Dit is nie moontlik nie. Jy sal dit in hierdie opdrag vind, ekale īśvara kṛṣṇa āra saba bhṛtya (CC Adi 5.142). Slegs Krsna is die meester, en almal is 'n dienaar. Dit is ons eintlike posisie. Maar ons probeer om kunsmatig die meester te word. Dit is ons bestaansstryd. Ons probeer om iets te wees wat ons nie is nie. Ons ken die woord, "stryd om te bestaan," "oorlewing van die sterkste." So dit is ons stryd. Ons is nie die meester nie; tog, ons probeer om die meester te word. Die Māyāvāda filosofie, hulle ondergaan ernstige ontberinge, boetedoenings, Maar wat is die doel? Die doel is dat "ek een met God sal wees." Dis dieselfde fout. Dieselfde fout. Hy is nie God nie, maar hy probeer om God te word. Selfs al het hy soveel ernstige ontberinge ondergaan, vairāgya, afstanddoening, alles ... Soms gee hulle alle vorme van materiaal plesier op, gaan na 'n woud, ondergaan ernstige tipes boetedoenings. Wat is die doel? "Nou sal ek een met God word." Dieselfde fout.

So māyā is baie sterk, sodat hierdie foute voortgaan selfs al is iemand 'n sogenaamde gevorderde geestelike. Nee. Daarom raak Caitanya Mahāprabhu die belangrikste punt onmiddellik aan met sy opdrag. Dit is die filosofie van Caitanya Mahāprabhu. Wanneer Kṛṣṇa die laaste woord spreek, sarva-dharmān parityajya mām ekaṁ śaraṇaṁ vraja.. (BG 18.66). Is Hy in gesprek oor die posisie; Hy is Kṛṣṇa, die Hoogste Persoonlikheid van Godheid. Hy vra, vereis, "Jou rakker, gee alles op. Gee net oor aan My. Dan sal jy gelukkig wees." Dit is die laaste opdrag van die Bhagavad-gītā. Caitanya Mahāprabhu, dieselfde Kṛṣṇa, maar in die rol van 'n devotee van Kṛṣṇa; spreek daarom dieselfde ding. Kṛṣṇa het gesê: "Gee jy jouself oor aan My," en Caitanya Mahāprabhu het gesê "Elke lewende entiteit is die dienaar van Kṛṣṇa." Dit beteken dat hy homself moet oorgee. 'n Dienaar se besigheid is om homself oor te gee, nie om met die meester te argumenteer nie of om te beweer dat "Ek is Jou gelyke" nie. Dit is fanaties, 'n gekke voorstel.

piśācī pāile yena mati-cchanna haya
māyā-grasta jīvera se dāsa upajaya

'n Dienskneg kan nie meester word nie. Dit is nie moontlik nie. Maar so gou as ... Solank as wat ons volhard met hierdie verkeerde opvatting van die lewe, dat "Ek is nie meester nie; ek is kneg," ek bedoel, "Ek is nie kneg nie, ek is meester," sal hy ly. Māyā sal hom laat ly. Daivī hy eṣā. Net soos misdadigers, skurke en rowers, Hulle minag die regering: "Ek gee nie om vir die regering nie." Maar dit beteken dat hy vrywilliglik lyding aanvaar. Hy moet ag slaan op regeringswette, As hy nie ag slaan nie, die skelm, dan sal hy in gevangenis beland en met geweld, deur strafoplegging, sal hy dit moet aanvaar: ". Ja, ja, ek aanvaar dit" Dit is dus māyā.

Daivī hy eṣā guṇamayi mama māyā duratyayā (BG 7.14). Ons is onder die beheer van māyā. Prakṛteḥ kriyamāṇāni guṇaiḥ karmāṇi sarvaśaḥ (BG 3.27). Hoekom? Omdat ons onsself as meester verklaar. Die dienaar verklaar homself as meester; Daarom is daar lyding. En so gou as wat ons aanvaar dat "Ek is nie die meester nie; ek is die kneg," dan is daar geen lyding nie. 'n Baie eenvoudige filosofie. Dit is mukti. Mukti beteken om te kom tot die regte platform. Dit is mukti. Mukti word in die Śrīmad-Bhāgavatam gedefinieer, muktir hitvā anyathā rūpaṁ svarūpeṇa vyavasthitiḥ (SB 2.10.6). Mukti beteken om afstand te doen van hierdie onsinnige besigheid, anyathā. Hy is 'n slaaf, maar hy dink hy is meester. Dit is anyatha, net die teenoorgestelde. So wanneer hy hierdie teenoorgestelde opvatting van die lewe dat hy meester is, opgee, dan is hy mukti; hy is onmiddellik bevry. Mukti neem nie soveel tyd in beslag deur soveel ernstige ontberinge te ondergaan nie; om na die oerwoud te gaan en na die Himalaya te gaan en te mediteer en neusdrukke en so baie dinge te doen nie. Dit vereis nie so baie dinge nie. Verstaan net die eenvoudige ding, dat "Ek is die dienaar van Kṛṣṇa" - en jy is onmiddellik mukta. Dit is die definisie van mukti soos vervat in Śrīmad-Bhāgavatam Muktir hitvā anyathā rūpaṁ svarūpeṇa avasthitiḥ. Net soos selfs 'n krimineel in die gevangenis, indien hy onderdanig word sodat "Van nouaf sal ek wetsgehoorsaam wees, Ek sal die regeringswette gehoorsaam, " soms vroegtydig vrygelaat word as gevolg van hierdie verklaring. So kan ons onmiddellik bevry word uit hierdie gevangenis van materiële bestaan indien ons hierdie leerstellings van Caitanya Mahāprabhu, jīvera svarūpa haya nitya kṛṣṇera dāsa (CC Madhya 20.108-109) aanvaar.