AF/Prabhupada 0009 - Die dief wat ‘n aanhanger geword het



Lecture on SB 1.2.12 -- Los Angeles, August 15, 1972

Krsna sê in die Bhagavad-Gita: (BG 7.25) Naham prakāśaḥ sarvasya joga-Maya-samāvṛtaḥ "Ek is nie sigbaar vir almal nie. Yogamāyā, yogamāyā bedek." So hoe kan jy God sien? Maar hierdie verneukery gaan aan, dat "Kan jy my God wys? Het jy God gesien?" God het net soos 'n speelding geword "Hier is God, Hy is 'n inkarnasie van God.." (BG 7.15) Na Mam duṣkṛtino mūḍhāḥ prapadyante narādhamāḥ Hulle is sondaars, skelms, dwase, die laagste van die mensdom. Hulle vra: "Kan jy God vir my wys?" Watter kwalifikasie het jy verwerf, dat jy God kan sien? Hier is die kwalifikasie. Wat is dit? Tac chraddadhānā munayaḥ. 'n Mens moet in die eerste plek gelowig wees. Gelowig. Śraddadhānāḥ. Hy moet eintlik.baie gretig wees om God te sien, Dit is nie sommer 'n gier,'n ligsinnige ding van "Kan jy my God wys", nie So asof God 'n towenaar is. Nee, hy sal baie ernstig moet wees: "Ja, as daar 'n God is... Ons het gesien, ons is ingelig oor God. So moet ek sien. " Daar is 'n storie in hierdie verband. Dit is baie insiggewend; probeer om goed te luister. Een professionele verteller was besig om uit die Bhāgavata voor te lees, en hy het beskryf dat Krsna wat versier was met juwele, gestuur was om na die koeie in die woud om te sien. So was daar toe 'n ontmoeting met 'n dief. So het hy gedink "Hoekom gaan ek dan nie na Vṛndāvana en beroof hierdie seun nie? Hy stap hier in die bos met so baie waardevolle juwele aan Ek kan daarheen gaan en die kind vang en al sy juwele neem. " Dit was sy voorneme. So, hy was ernstig "Ek moet uitvind van hierdie seuntjie. Dan kan ek in een nag 'n miljoenêr word. Soveel juwele was daar. Nee " En hy het toe daarheen gegaan, maar sy bedoeling was "ek moet Krsna sien,¾ Ek moet Krsna sien "Die angs, die gretigheid, het dit moontlik gemaak dat hy Krsna in Vṛndāvana gesien het.. Hy het Krsna op dieselfde manier gesien as wat hy deur die Bhāgavata leser ingelig was . Toe sien hy, "O, o, jy is so 'n mooi seuntjie, Krsna." So het hy begin om Hom te vlei. Hy het gedink " Met vleietaal sal ek al die juwele vat". Toe hy dus met sy ware voorstel kom, "Kan ek 'n paar van jou juwele kry? Jy is so ryk." "Nee, nee, nee. Jy ... My ma sal kwaad wees Ek kan nie ...". Krsna was net soos 'n kind. So het sy begeerte vir Krsna al hoe meer geword. En toe ... Deur sy assosiasoe met Krsna, was hy reeds gesuiwer. Toe, op die ou einde, het Krsna gesê: "Goed, jy kan maar neem." Toe het hy 'n volgeling geword, onmiddellik. Net deur sy assosiasie met Krsna...

So, moet ons op een of ander manier in kontak kom met Krsna. Op een of ander manier. Dan sal ons gesuiwer word.