AF/Prabhupada 0018 - Ferm En Getrou Aan Die Lotus Voete van die Guru



Lecture on SB 6.1.26-27 -- Philadelphia, July 12, 1975

Prabhupada: So ons moet hierdie tyd gebruik om 'n oplossing te vind vir hierdie lewe waar ons herhaaldelik sterf en weer 'n ander liggaam moet aanneem. So hoe moet hulle dit verstaan, nie tensy hulle 'n behoorlike leermeester nader nie? Daarom sê Sastra, -vijñānārtham: "As jy die werklike probleem van jou lewe wil ken en as jy ingelig wil wees hoe om Krsna bewustheid te ontwikkel, hoe om ewigdurend te word, terug te gaan na die huis, terug na Godheid, dan moet jy 'n guru nader. " En wie is guru? Dit word verduidelik, dis baie eenvoudig. Guru maak nooit self idees op nie "Jy doen dit en gee my geld en dan sal jy gelukkig wees nie." Dit is nie 'n guru nie. Dis net 'n ander manier van geld maak. So hier word dit beskryf, mūḍha, almal wat eenvoudig in 'n gekkeparadys leef, maak sy eie idees op, soos Ajāmila ... Iemand onderneem: "Dit is my plig," iemand het ... Hy is 'n dwaas. Jy moet van guru verneem wat jou plig is. Julle sing elke dag, guru-mukha-padma-vākya, cittete koriyā aikya, ār nā koriho mane āśā. Dit is die lewe. Dit is die lewe. Guru-mukha-pad ... Jy aanvaar 'n bona fide guru, en wat hy beveel moet jy uitvoer. Dan sal jou lewe suksesvol wees. Ār nā koriho mane āśā.. Jou rakker, jy moenie iets anders begeer nie. Sing julle nie elke dag nie? Maar verstaan julle die betekenis daarvan? Of sing julle maar net? Wat is die betekenis? Wie sal dit verduidelik? Niemand weet nie? Ja, wat is die betekenis?

Aanhanger: "My enigste wens is dat my gedagtes gesuiwer word deur die woorde uit die mond van my geestelike meester. Ek het geen ander begeerte behalwe dit nie. "

Prabhupada: Ja. Dit is die opdrag. Guru-mukha-padma-vākya, cittete koriyā aikya. Nou citta beteken bewussyn of hart. "Ek het slegs hierdie doen, bas. My Guru Maharaja het dit vir my gesê; ek sal dit doen. " Cittete koriyā aikya, ār nā koriho mane āśā. So hierdie is nie my trots nie, maar ek kan sê, ek het dit vir julle onderrig gedoen. Daarom, elke klein bietjie sukses wat jy van my broeders in die Here waarneem, dit is alles hieraan te danke. Ek het self geen kapasiteit nie, maar ek het dit, die woorde van my guru, as die lewe en siel geneem. So, dit is 'n feit. Guru-mukha-padma-vākya, cittete koriyā aikya Almal moet dit doen. Maar indien hy byvoegings of wysigings aanbring, dan is hy klaar. Geen byvoegings, veranderings. Jy moet 'n guru nader - guru beteken die getroue dienaar van God, Kṛṣṇa en neem dan sy woord hoe om Hom te dien. Dan is jy suksesvol. As jy goed saamflans, "Ek is meer intelligent as my guru, en ek kan dinge byvoeg of verander, "dan is jy klaar. So dit is die enigste uitweg. En nou, sing verder.

Aanhanger: Śrī-guru-caraṇe rati, ei se uttama-gati..

Prabhupada: Śrī-guru-caraṇe rati, ei se, uttama-gati. As jy werklik vordering wil maak, moet jy ferm en gelowig aan die lotus voete van guru sit. Dan?

Aanhanger: Je prasāde pūre sarva āśā

Prabhupāda: Je prasāde pūre sarva āśā. Yasya prasādāt... Dit is die opdrag in die hele Vaiṣṇava filosofie. So, tensy ons dit doen, bly ons mūḍha, en dit word in hierdie Ajāmila-upākhyāna verduidelik. Daarom het ons vandag hierdie vers gelees, sa evaṁ vartamānaḥ ajñaḥ. Weereens sê hy. Weereens sê Vyāsadeva "Dit skelm was geleë in -, geabsorbeer in die diens van sy seun, met die naam, Nārāyaṇa. " Hy het nie geweet nie... "Wat is hierdie nonsens Nārāyaṇa?" Hy het sy seun geken. Maar Nārāyaṇa is so genadig en omdat hy voortdurend sy seun geroep het, "Nārāyaṇa, kom asseblief hier Nārāyaṇa, neem asseblief hierdie." en so het Krsna aangeneem "Hy sing 'Nārāyaṇa." Krsna is so genadig. Hy het nooit bedoel "ek gaan na Nārāyaṇa" nie. Hy wou net sy seun hê, want hy was liefdevol. Maar hy het die geleentheid gekry om die heilige naam van Nārāyaṇa te sing. Dit was sy goeie geluk. Daarom, hiervolgens, verander ons 'n naam. Hoekom? Omdat die bedoeling van elke naam is om ons 'n dienskneg van Krsna te maak. Dis net soos Upendra. Upendra beteken Vāmanadeva. So as jy roep "Upendra, Upendra," of soortgelyk, word daar rekening gehou van die naam. So, dit sal later verduidelik word.