AF/Prabhupada 0020 - Dit Is Nie So Eenvoudig Om Krishna te Verstaan Nie



Arrival Lecture -- Miami, February 25, 1975

Om ​​Krsna te verstaan is nie so maklik nie.

manuṣyāṇāṁ sahasreṣu
kaścid yatati siddhaye
yatatām api siddhānāṁ
kaścid vetti māṁ tattvataḥ
(BG 7.3)

Uit baie duisende, miljoene mense, is daar maar een wat angstig is om sy lewe suksesvol te maak. Niemand stel belang nie. Prakties gesproke weet hulle nie eintlik wat 'n suksesvolle lewe is nie. Die moderne beskawing, dink almal, "As ek 'n goeie vrou en mooi motor en 'n lekker woonplek het, dan is ek suksesvol." Dit is nie sukses nie. Dit is tydelik. Ware sukses beteken om uit die kloue van Maya te kom, dit beteken om uit hierdie materiële, gekondisioneerde lewe wat geboorte, dood, ouderdom en siekte insluit te kom. Ons beweeg deur 'n verskeidenheid van lewensvorme, en hierdie menslike vorm van lewe bied ons 'n goeie kans om hieruit te kom uit hierdie ketting van veranderende liggame, die een ​​na die ander. Die siel is ewig en salig omdat dit deel is van Krsna, God, sac-cid-ānanda, ewig, vol geluk, vol van kennis. Ongelukkig, in hierdie materiële, gekondisioneerde lewe is ons voortdurend besig om van liggaam te verander, maar ons kom nie weer op die geestelike platform nie, daar waar geen geboorte, geen dood is nie. Daar is geen wetenskap nie. Die ander dag het 'n psigiater my kom besoek. En waar is jou opvoeding oor die begrip van die siel, oor sy grondwetlike posisie? So bykans die hele wêreld is in duisternis gehul. Hulle is net geïnteresseerd in hierdie lewensspan van vyftig, sestig of honderd jaar, maar hulle weet nie dat ons eintlik ewig, salig en vol kennis is nie, en as gevolg van hierdie materiële liggaam word ons blootgestel aan geboorte, dood, ouderdom en siekte. En so is dit voortdurend.

So het Śrī Caitanya Mahāprabhu, uit groot deernis vir die gevalle siele, Sy verskyning gemaak. Krsna maak ook Sy verskyning, maar Krsna is nie so liberaal nie. Krsna stel gewoonlik 'n voorwaarde "Eerstens moet jy jouself oorgee. Dan sal Ek beheer neem van jou." Maar Caitanya Mahāprabhu betoon meer medelye as Krsna, hoewel Krsna en Caitanya Mahāprabhu, een en dieselfde is. So, deur die genade van Caitanya Mahāprabhu kan ons Krsna so maklik verstaan. So, Caitanya Mahāprabhu is ook hier teenwoordig. Jy aanbid Hom. Dit is nie baie moeilik nie. Yajñaiḥ saṅkīrtanaiḥ prāyair yajanti hi Su-medhasaḥ. Krsna-varṇaṁ tviṣākṛṣṇaṁ sāṅgopāṅgāstra-pārṣadam, yajñaiḥ saṅkīrtanam (SB 11.5.32). Jy sing net die Hare Krsna mantra, en wat jy ookal kan, offer dit aan Caitanya Mahāprabhu. Hy is baie gaaf. Hy neem ook nie maklik aanstoot nie. Aanbidding tot Radha-Krsna is 'n bietjie moeiliker. Ons moet Hom met groot ontsag en eerbied aanbid. Maar Caitanya Mahāprabhu het vrywillig gekom om alle gevalle siele te red. Hy sal tevrede wees met 'n klein bietjie diens. Hy sal tevrede wees. Maar moet dit nie verwaarloos nie. Omdat Hy vriendelik en medemenslik is, beteken dit nie dat jy Sy posisie kan vergeet nie Hy is die Hoogste Persoonlikheid van Godheid. Sodat ons moet ons grootste respek aan Hom betoon, so ver as moontlik ... en die voordeel is dat Caitanya Mahāprabhu geen aanstoot neem nie. En om Hom te aanbid, om Hom te behaag, is baie maklik. Yajñaiḥ saṅkīrtanaiḥ prāyair yajanti hi Su-medhasaḥ. Sing net eenvoudig die Hare Krsna Maha-mantra en dans, en Caitanya Mahāprabhu sal baie tevrede wees. Hy het hierdie dans en sang bekend gestel, en dit is die maklikste proses om tot 'n Godsbesef te kom. Dus soveel as moontlik ... As dit moontlik is, vir vier en twintig uur. As dit nie moontlik is nie, dan ten minste vier keer, ses keer, sing die Hare Krsna mantra voor Caitanya Mahāprabhu , en jy sal 'n sukses van jou lewe maak. Dit is 'n feit.