AF/Prabhupada 0030 - Krishna Geniet Eenvoudig Net



Sri Isopanisad, Mantra 2-4 -- Los Angeles, May 6, 1970

"Die Persoonlikheid van Godheid, hoewel gevestig in sy woning, is vlugtiger as die verstand en kan almal wat hardloop oorwin. Die kragtige demigode kan Hom nie eers nader nie. Hoewel gevestig in een plek, het Hy beheer oor hulle wat die lug voorsien, en die reën. Hy oortref almal in uitnemendheid. " Dit word ook in die Brahma-saṁhitā bevestig: goloka eva nivasaty akhilātma-bhūtaḥ (Bs 5.37.). Krsna, alhoewel Hy altyd in Goloka Vṛndāvana is, het Hy niks te doen nie. Hy geniet eenvoudig net die geselskap van Sy metgeselle, die gopis en die vewagter-seuns, Sy moeder en Sy vader. Vry, heeltemal vry. En al Sy metgeselle, hulle is selfs nog meer vry. Want wanneer die metgeselle in gevaar is, is dit Krsna wat die paar oomblikke van angs beleef oor hoe om hulle te red, en die medewerkers, hulle beleef geen angs nie. "O, daar is Krsna." Kyk net. (Chuckles) Die metgeselle, hulle beleef geen angs nie. Enige, enige gebeurtenis, jy sal daarvan lees in die Kṛṣṇa boek - so baie gevare. Die seuns, saam met Krsna, het gewoonlik elke dag met hul kalwers en koeie in die woud op die oewer van die Yamunā gaan speel en Kaṁsa sal soms demone stuur om hulle aan te val en te vernietig. So het julle gesien, sal julle ook in die foto's sien So, hulle het eenvoudig net geniet, omdat hulle so baie selfvertroue gehad het. Dit is die geestelike lewe. Avaśya rakṣibe Krsna viśvāsa pālana. Hierdie sterk geloof, dat "In enige gevaarlike situasie sal Krsna my red," dit is volle oorgawe.

Daar is ses stadiums van oorgawe. Die eerste stadium is dat ons dit wat gunstig is vir toegewyde diens moet aanvaar; en enigiets wat ongunstig is vir toegewyde diens sal verwerp. En die volgende is om jouself voor te stel aan die metgeselle van die Here. Net soos Krsna so baie metgeselle gehad het, so moet julle ook ... maar dit moet natuurlik wees... Nie kunsmatig nie. Wanneer jy gevorderd is sal jy verstaan ​​wat jou verhouding met Krsna is. As jy jouself blootstel aan daardie assosiasie, dan is die volgende stadium die vertroue dat "Krsna my sal beskerm." Eintlik is dit Hy wat almal beskerm. Dit is 'n feit. Maar in Maya dink ons dat ons onsself beskerm, ons onsself voed. Nee. Dit is nie 'n feit nie.