AF/Prabhupada 0046 - Moenie soos ‘n dier word nie – bekamp dit



Morning Walk -- May 28, 1974, Rome

Yogeśvara: Voordat hy weg is, het Bhagavan vir my 'n lys van vrae gelos. Mag ek u 'n paar vrae vra?

Prabhupada: Ja.

Yogeśvara: Dit blyk of een probleem wat meer dikwels voorkom die verskyning van terroriste is, dit wil sê, die mense wat meestal deur politieke redes gemotiveer word, .

Prabhupada: Ja, ek het die hele basiese beginsel reeds verduidelik. Dit is omdat hulle diere is, en somstyds soos kwaai diere optree. Dis al. Diere, daar is verskillende tipes diere. Tiere en leeus, hulle is kwaai diere. Maar jy woon in 'n dierlike gemeenskap. So in 'n dierlike gemeenskap, is sommige, blyk sommige baie wild te wees, maar dit is nie baie verbasend nie. Na alles, julle woon in 'n dierlike gemeenskap. Die ideaal is om soos 'n menslike wese te word. Dit is die enigste oplossing. Ons het reeds verklaar dat hierdie 'n dierlike gemeenskap is. As sommige dan verskyn as wilde diere, waarom dan so verbaas wees? Na alles, dit is 'n dierlike gemeenskap. Óf 'n tier verskyn of 'n olifant verskyn, hulle is egter almal diere. Maar jy moenie soos 'n dier word nie. Werk dit teë. Dit is 'n vereiste. 'n Mens word 'n rasionele dier genoem. Jy moet tot op die rasionele vlak kom, dis wat nodig is. As jy ook soos 'n ander dier, 'n ander tipe dier optree, sal dit nie help nie. Jy moet eintlik 'n menslike wese word. Maar, durlabhaṁ mānuṣaṁ janma tad apy adhruvam arthadam (SB 7.6.1).

Hierdie mense het geen doel in die lewe nie. Wat is die doel van die mens ..., dit weet hulle nie. So, hul pas net hulle diere neigings aan, op hierdie manier, en dan op daardie manier, op hierdie manier, dan daai manier. Net soos hulle na kaal-dansvertonings gaan kyk. Dit is die dierlike geneigdheid om sy vrou daagliks naak te sien, en steeds dan gaan om die kaaldans te sien en nog daarvoor te betaal ook. Dis omdat hulle geen ander betrokkenheid behalwe hierdie dierlikheid het nie. Is dit nie so nie? So, waarom sal mens gaan om 'n ander vrou kaal te sien? Jy sien elke dag, elke nag, jou eie vrou kaal. Hoekom is dit so ... Omdat hulle geen ander betrokkenheid het nie. Die diere. Punaḥ punaś carvita-carvaṇānām (SB 7.5.30). 'n Hond, dit beteken 'n hond kan nie onderskei in smaak nie. Hy kou eenvoudig maar net 'n been, eers op hierdie manier, dan op daardie manier, op hierdie manier, dan daardie manier. Want hy is dier. Hy het geen ander betrokkenheid nie. So hierdie hele samelewing is dierlik. Veral die westerlinge. En hulle het 'n beskawing op hierdie dierlike neigings ontwikkel, dit beteken "Ek is hierdie liggaam en die beste manier om te lewe te ly is om my sintuie te bevredig." Dit is dierlik. "Ek is hierdie liggaam." Liggaam beteken ook die sintuie. "En om die sintuie te bevredig, dit is die hoogste volmaaktheid." Dit is hulle beskawing. So, julle moet die werklike menslike beskawing bekendstel. Julle moet dus nie verbaas wees as diere in verskillende vorms, in verskillende kapasiteite na vore kom nie. Na alles, hulle bly maar diere. Die basiese beginsel is dierlikheid. Omdat hulle dink, "Ek is die liggaam ..." As die hond besig is om te dink, "Ek is die hond, 'n stewige en sterk hond," en 'n ander man dink, "Ons is 'n groot nasie." Wat is dan die basiese beginsel? 'n Hond dink op grond van sy liggaam, en hierdie groot nasie dink ook op grond van die liggaam. So daar is geen verskil tussen hierdie hond en die groot nasie nie. Die enigste verskil is dat die mens, deur die natuur se geskenk, beter sintuie het. En hy het geen mag nie, of daar is geen opvoeding sodat hy sy sintuie beter kan gebruik nie, soos bv. hoe om geestelik te vorder en om uit hierdie materiële wêreld uit te kom. Daarvan het hy gee begrip nie. Hy gebruik bloot sy beter intelligensie vir dierlikheid. Dit is die betekenis daarvan. Hy het geen kennis oor hoe om sy intelligensie beter te benut nie. Daarom gebruik hy dit net in dierlikheid. En wanneer mense oor die hele wêreld die westerlinge sien, dink hulle: "Hulle is so gevorderd." Wat beteken dit? Gevorderd in dierlikheid. Die basiese beginsel bly die dierlikheid. Dan is almal skielik verras. Hulle na-aap maar net. Hulle brei dus net die dierlikheid uit, 'n dierlike beskawing. Nou moet ons dit teenwerk tot voordeel van die menslike beskawing.