AF/Prabhupada 0048 - Ariese Beskawing



Lecture on BG 2.2-6 -- Ahmedabad, December 11, 1972

Anārya-juṣṭam, "glad nie betaamlik vir 'n man wat die progressiewe waardes van die lewe ken nie." Ariese. Ariese beteken dit wat progressief is. dus hierdie neerslagtigheid van Arjuna op die slagveld word beskryf as passend by 'n nie-Ariese persoon. Ariese, volgens die Ariese beskawing soos beskryf in die Bhagavad-gita, word daar vier afdelings deur die Allerhoogste Persoonlikheid van Godheid onderskryf. Soos ons reeds verduidelik het, dharmaṁ tu sākṣād bhagavat-praṇītam (SB 6.3.19). Om enige sistematiese godsdienstige proses te verstaan moet ons besef: "Dit word deur God gegee." Die mens self kan nie enige godsdienstige stelsel skep nie. Dus hierdie Ariese stelsel, hierdie progressiewe stelsel, is cātur-varṇyaṁ mayā sṛṣṭaṁ guṇa-karma-vibhāgaśaḥ (BG 4.13). Krsna sê: "Dit word deur My voorgeskryf vir die baie goeie bestuur van die sosiale orde." Brāhmaṇa, kṣatriya, vaiśya, śūdra. So Arjuna het behoort aan die kṣatriya familie. Daarom was sy huiwering om op die slagveld te veg nie betaamlik vir die Ariërs nie. Vir die koninklike om vreedsaam op te tree, is nie goed nie. Die kṣatriyas, wanneer hulle op die slagveld veg, word die doodmaak van die vyand nie as 'n sonde gereken nie. Net so is dit wanneer 'n brāhmaṇa diere offer, soms word daar diere geoffer; en dit beteken nie dat hy dan sonde pleeg nie. Hierdie dier-offers word nie gemaak net om geëet te word nie. Dit was gebruik om van die Vediese mantra te toets. Dit was om te toets of die brahmanas wat betrokke was by die offergawe, die Vediese mantra op die korrekte manier gesing het, en die toets was om 'n dier te offer en dan weer 'n nuwe lewe aan die dier te gee. Dit was hoe diere ge-offer was. Soms was dit perde, en soms was koeie gebruik. Maar in hierdie era, in Kali-yuga, word dit verbied want daar is geen sodanige yājñika-brāhmaṇa nie. Alle vorme van offers word in hierdie era verbied.

aśvamedhaṁ gavālambhaṁ
sannyāsaṁ pala-paitṛkam
devareṇa sutotpattiṁ
kalau pañca vivarjayet
(CC Adi 17.164)

Aśvamedha offers, gomedha offers, sannyāsa en om 'n kind te kry deur devara - -by die man se jonger broer. Al hierdie dinge word in hierdie era verbied.