AF/Prabhupada 0051 - ‘n Dowwe Brein kan nie verstaan wat verder as die liggaam strek nie



Interview with Newsweek -- July 14, 1976, New York

Verslaggewer: Dink jy dat die dag sal kom wanneer die Krsna bewustheid beweging versprei sal word na al die mense in die wêreld?

Prabhupada: Dit is nie moontlik nie. Dit is meer geskik vir die mees intelligente klas van mense. Dus dit, hierdie beweging, is vir die mees intelligente klas van mense.

Verslaggewer: Maar onder die mees intelligente klasse.

Prabhupada: Tensy iemand behoort aan die intelligent klas, deel uitmaak daarvan ... , sal hy nie verstaan ​​nie. Ons verwag nie van almal om intelligent te wees nie. Krsna ye bhaja se bada catura. Tensy iemand baie intelligent is, sal hy nie Krsna bewus kan word nie, want dit is 'n heel ander onderwerp. Mense is verdiep in die liggaamlike konsep van die lewe. Dit strek egter veel verder as dit. Dus, 'n dowwe brein kan nie dit ​​wat verder as die liggaam strek verstaan nie. Dus kan jy nie verwag dat almal Krsna- bewustheid sal verstaan nie. Dit is nie moontlik nie.

Verslaggewer: Daar is al baie gepraat oor genetiese perfeksie van die mensdom, of, eerder, pogings tot genetiese perfeksie.

Prabhupada: Wat is geneties?

Verslaggewer: Wel ... Wat is genetiese perfeksie?

Bali-mardana: Ons het gister gesels oor die wetenskap van genetika. Hulle probeer om ​​die eienskappe te verstaan, hoe die liggaam en gees gevorm word, en probeer dan om dit te verander.

Prabhupada: Dit weet ons reeds ... Waar is die boek?

Rāmeśvara: Svarūpa Dāmodara se boek.

Prabhupada: Ja. Bring dit. Rāmeśvara: Wat is jou vraag?

Verslaggewer: My vraag is ... Jy het vroeër iets oor die gebruik van die tegnologiese gereedskap genoem, en of daar 'n samelewing is waar daar 'n ...

Prabhupada: Daardie boek is nie hier nie? Nêrens nie?

Verslaggewer: Kom ek vra jou so. As die mensdom deur tegnologiese middele ietwat verbeter, met ander woorde, die gemiddelde man veel meer intelligent is, wat sal jy dan as 'n intelligente man beskou ...

Prabhupada: 'n Intelligent man ... Dis iemand wat verstaan ​​dat hy nie hierdie liggaam is nie - hy is binne-in die liggaam ... Net soos wat jy 'n hemp aan het. Jy is nie die hemp nie. Enigeen kan dit verstaan. Jy is binne die hemp. Net so moet mens verstaan ​​dat hy nie die liggaam is nie - hy is in die liggaam ... Dit kan enigiemand verstaan, want wanneer die liggaam dood is, wat is die verskil? Omdat die lewende krag uit die liggaam weg is, noem ons dus die liggaam dood.

Verslaggewer: Maar daar is 'n paar baie intelligente mense wat nie geestelik verlig is nie, miskien selfs iemand wat verstaan ​​dat hulle nie, of die liggaam nie alles is nie, die liggaam is dood en daar is iets anders. Hoekom is hierdie manne nie geestelik bewus nie?

Prabhupada: As 'n mens nie ​​hierdie eenvoudige ding verstaan, dat hy nie die liggaam is nie, dan is hy niks beter as 'n dier nie. Dit is die eerste begrip op 'n geestelike platform. As hy dink dat hy die liggaam is, dan is hy in dieselfde kategorie as die diere.

Rāmeśvara: Haar vraag is ... Veronderstel iemand glo in die lewe na die dood, en dat hy ook op materiële standaarde 'n intelligente man is. Hoekom is hy nie outomaties ...?

Prabhupada: Nee, materiële standaard waarborg geen intelligensie nie. Materiële standaard beteken "Ek is hierdie liggaam. Ek is 'n Amerikaner. Ek 'n 'n Indiër. Ek is 'n jakkals. Ek is die hond. Ek is 'n man. " Dit is materiële begrippe. Geestelike begrip strek verder as dit, "Ek is nie die liggaam nie." En wanneer hy probeer om sy geestelike identifikasie te verstaan, dan is hy intelligent. Andersins is hy nie intelligent nie.

Verslaggewer: So beteken dit ...

Prabhupada: Hulle word beskryf as mūḍha. Mūḍha beteken donkies. So wat mens eerste moet begryp is dat 'n mens nie met hierdie liggaam moet identifiseer nie.

Verslaggewer: Watter begrip volg daarna ...?

Prabhupada: Net soos 'n hond. 'n Hond verstaan ​​dat hy die liggaam is. As 'n mens dit ook so verstaan - dat hy die liggaam is - dan is hy niks beter as die hond nie.

Verslaggewerr: Watter ander insigte kom na hierdie een?

Bali-mardana: Nadat jy besef dat jy nie die liggaam is nie, wat kom dan daarna?

Prabhupada: Ha! Dit is 'n intelligente vraag. Dan moet mens verstaan "ek is net besig in hierdie liggaamlike konsep van die lewe. Wat is my betrokkenheid dan? "Dit is die ondersoek van Sanātana Gosvāmī, dat "U het my bevry van hierdie materiële betrokkenheid. So, laat my weet wat my pligte is. " Om dié rede het iemand nodig om na die geestelike meester te gaan, om te weet, te verstaan ​​watter verpligtinge daar nou is. "As ek nie hierdie liggaam is nie, wat is dan my verpligtinge? Ek is dan die hele dag en nag vir hierdie liggaam besig. Ek eet, ek slaap, ek het seks, ek verdedig - dit is alles liggaamlike behoeftes. As ek nie die liggaam is nie, wat is dan my verpligtinge? " Dit is intelligensie.

Rāmeśvara: So jy vra, "Wat volg na die besef jy hierdie liggaam is nie?" Prabhupada sê die volgende ding is om uit te vind wat jy moet doen, en vir dit, ontvang jy inligting vanaf 'n self-gerealiseerde siel of geestelike meester.

Onderhoudvoerder: geestelike meester in die vorm van sy boeke?

Bali-mardana: Persoonlik of...

Pustá Krsna: Prabhupada het verduidelik dat iemand in die liggaamlike konsep het so baie verpligtinge. Ons werk almal, is besig om 'n seks lewe te lei, te eet, te slaap, onsself te verdedig - so baie dinge. Al hierdie dinge hou direk verband met en staan in die verhouding tot die liggaam. Maar as ek nie hierdie liggaam is nie, wat is dan my verpligtinge? Wat is my verantwoordelikheid? So die volgende ding is dat wanneer 'n mens dit verstaan, dan moet hy instruksies die geestelike meester ontvang, hy moet vordering maak en verstaan ​​wat sy ware verpligtinge is. Dit is baie belangrik.

Prabhupada: Selfs om te eet, te slaap, vir ons seks-lewe en verdediging benodig ons 'n bietjie kennis van 'n onderwyser. Sê om te eet, so moet ons kennis van deskundiges inwin oor watter soort kos ons moet neem, watter soort vitamien, watter soort... So, dit alles vereis ook onderrig. En slaappatrone vereis ook onderrig. En so is dit vir die liggaamlike konsep van die lewe nodig om inligting by ander te kry. So as hy bo hierdie liggaamlike konsep van die lewe uitstyg- as hy verstaan ​​dat "Ek is nie die liggaam nie , ek is die siel" - netso moet hy 'n les neem en onderrig word deur 'n kenner.