AF/Prabhupada 0062 - Sien Krishna Vier-en -Twintig Uur ‘n Dag



Lecture on SB 1.8.18 -- Chicago, July 4, 1974

Prabhupāda: Ārādhito yadi haris tapasā tataḥ kiṁ. As jy in staat is om Krsna te aanbid, dan is daar geen nodigheid meer aan boetedoenings nie... Want om 'n self-besef te hê en om God te ken is daar vele prosesse, opofferings en boetedoenings. Soms gaan ons na 'n woud, ons gaan na 'n woud om te kyk of God daar is, waar Daar is verskillende prosesse, maar die literatuur sê eintlik dat as jy vir Krsna aanbid, ārādhito yadi haris tapasā tataḥ kiṁ, dat daar geen meer nodigheid is dat jy ernstige boetedoening en opofferinge ondergaan nie. En narādhito, narādhito yadi haris tapasā tataḥ kim, en uiteindelik na ernstige..., nadat ernstige opofferinge en boetedoenings gedoen is, as jy dan nie weet wie Krsna is nie, wat was dan die nut? Dit is nutteloos. Narādhito yadi haris tapasā tataḥ kim, antar bahir yadi haris tapasā tataḥ kiṁ. Net so, as jy vir Kṛṣṇa vir vier en twintig uur kan sien, van binne en van buite, dan is dit die einde van alle opofferings. So hier sê Kṛṣṇa weer, sê Kuntī dat "Alhoewel Kṛṣṇa van binne en van buite is, omdat ons nie die oë het om Hom te sien nie, "alakṣyam," is Hy nie sigbaar nie. " Net soos toe Kṛṣṇa teenwoordig was in die stryd van Kurukṣetra, kon slegs die vyf Pandavas, net hulle, en hul ma Kuntī, hulle kon verstaan ​​dat Krsna die Allerhoogste Persoonlikheid van Godheid is. En 'n paar ander. So selfs al was Kṛṣṇa teenwoordig, het almal hom as 'n gewone mens ge-ag. Avajā..., avajānanti māṁ mūḍhā mānuṣīṁ tanum āśritam. Omdat Hy baie lief was vir die menslike samelewing, het Hy persoonlik gekom En tog, omdat hulle nie die oë gehad het om Hom te sien nie, kon hulle Hom nie sien nie. Daarom sê Kuntī , alakṣyam, "U is nie sigbaar nie, Alhoewel U "antaḥ bahiḥ, sarva-bhutanam" is Nie net antaḥ bahiḥ van die aanhangers nie, almal. Kṛṣṇa is in almal se hart geleë, īśvaraḥ sarva-bhūtānāṁ hṛd-deśe. Terwyl hy wys, hṛd-deśe, hier in die hart, hier is Kṛṣṇa So hierdie meditasie, hierdie joga beginsel gaan oor hoe om Kṛṣṇa in die hart te vind. Dit word meditasie genoem. So Kṛṣṇa se posisie is altyd transendentaal. Indien ons hierdie transendentale proses van Kṛṣṇa bewustheid aanvaar, en die regulerende beginsels, moet ons probeer om 'n lewe vry van sonde te leef. Omdat jy nie vir Kṛṣṇa kan sien of ​​Kṛṣṇa verstaan terwyl jy sondige aktiwiteite beoefen nie. Dit is dan nie moontlik nie. Na māṁ duṣkṛtino mūḍhāḥ prapadyante narādhamāḥ. Diegene wat duṣkṛtinaḥ is... Kṛti beteken meriete, verdienstelike; maar duṣkṛti, maar meriete word ook toegepas vir sondige aktiwiteite. So, daarom vra ons jou... Ons vra eintlik nie; dit is ons, ek bedoel, dit is ons reëls en regulasies. dat mens vry moet wees van sondige aktiwiteite. Die sondige aktiwiteite, die vier pilare van sondige lewe is, ongeoorloofde seks, eet van vleis, dronkenskap en dobbel. So ons studente word aangeraai..., nie aangeraai het, hulle moet dit volg; anders sal hulle val. Want 'n sondige man kan God nie verstaan nie. Aan die een kant moet ons die regulerende beginsels beoefen asook die proses van toewyding, en aan die ander kant moet ons die sondige aktiwiteite vermy. Dan is Kṛṣṇa teenwoordig, jy kan dan met Kṛṣṇa praat en jy is by Kṛṣṇa So gaaf is Kṛṣṇa. Net soos wanneer Kuntī met Kṛṣṇa gesels soos asof Hy haar neef is. Net so kan jy met Krsna praat asof Hy jou seun, jou man, jou minnaar, jou vriend, jou baas is, net soos jy wil. Ek is baie bly om hierdie Chicargo tempel te sien. Julle doen baie goed en die saal is baie mooi. Gaan dus voort met jul diens en word so bewus van Kṛṣṇa. Dan sal jou lewe suksesvol wees. Dankie.

Devotees: Jaya! Hari bol!