AF/Prabhupada 0067 - Die Gosvamis het gewoonlik net twee ure geslaap



Lecture on SB 1.16.26-30 -- Hawaii, January 23, 1974

Dus, dit wat die Krsna bewustheids-beweging vorentoe laat beweeg, is te danke aan die grootmoedige deernis van Sri Caitanya Mahaprabhu vir die arme mense wat in hierdie kali-yuga ly. Andersins, is dit nie 'n maklike taak om Kṛṣṇa bewus te word nie. So diegene wat die kans kry om deur die genade van Sri Caitanya Mahaprabhu Krsna bewus te word, hulle moenie die geleentheid misloop nie. Dit sal selfmoord wees. Moenie verval nie. Dit gebeur so maklik. Sing net eenvoudig die Hare Krsna mantra, nie altyd nie, nie vir vier en twintig uur nie, hoewel Caitanya Mahāprabhu aanbeveel, kīrtanīyaḥ sadā hariḥ (CC Adi 17.31), sing altyd. Dis die beginsel. Maar ons kan nie, omdat ons so baie, as gevolg van die invloed van Kali, oorweldig word. So doen ten minste sestien rondes. Moet dit nie mis nie. Moenie mis nie. Wat is die probleem daarmee, sestien rondes? Vir die meeste sal dit twee ure neem. Jy het vier en twintig uur. Jy wil slaap; regso, slaap, slaap vir tien ure. Dit word egter nie aanbeveel nie. Moenie vir meer as ses ure slaap nie. Maar hulle wil slaap. Hulle wil vir vier en twintig uur slaap. Dit is die begeerte in Kali-yuga. Maar, nee. Dan mors jy jou tyd. Minimaliseer jou eet, slaap, geslagsgemeenskap en verdedig. Wanneer dit nul is, dan is dit perfek.

Want dit is liggaamlike behoeftes. Eet, slaap, geslagsgemeenskap en verdediging is alles liggaamlike behoeftes. Maar ek is nie hierdie liggaam nie. Dehino 'smin yathā dehe kaumāram... (BG 2.13). Om dit te besef vat tyd. Maar wanneer ons eintlik besig is om vordering in Kṛṣṇa-bewustheid te maak, moet ons ons plig ken. Ons moenie meer as ses ure slaap nie. Op die uiterste agt ure. Op die uiterste, vir diegene wat nie beheer het daaroor nie. Maar nie tien ure, twaalf ure, vyftien ure nie, nee. Wat is die nut daarvan...? Iemand het 'n gevorderde aanhanger gaan sien, en hy het 09:00 reeds geslaap. En hy is 'n gevorderde aanhanger. Oh? Is dit nie? So, wat is...? Watter soort aanhanger is hy? 'n Aanhanger moet vroeg in die oggend opstaan, reeds teen 04:00. Teen 5:00 moet hy klaar gebad wees en sy ander dinge voltooi het. Dan begin hy mediteer en so baie... Hierdie is 'n vier en-twintig uur besigheid. So slaap is nie 'n goeie ding nie. Die Gosvāmīs het gewoonlik net twee ure geslaap. Ek skryf ook in die nag boeke, en ek slaap ook nie meer as drie ure nie. Maar ek slaap soms 'n bietjie meer. Nie soos... Ek boots nie die Gosvāmīs na nie. Dit is nie moontlik nie. Maar so ver as moontlik, moet almal probeer om te veel slaap te vermy. En om te veel slaap te vermy beteken dat ons minder moet eet, dan sal ons dit kan vermy. Eet, slaap. Na ete is daar altyd slaap. So as ons meer eet, dan sal ons meer slaap. As ons minder eet, dan sal ons minder slaap. Eet, slaap, geslagsgemeenskap. En geslagsgemeenskap moet vermy word. Dit is 'n groot beperking. Seks lewe moet so ver as moontlik beperk word. Daarom het ons hierdie beperking, "Geen ongeoorloofde seks." Seks lewe, ons nie sê, "Dit mag jy nie doen nie." Niemand kan dit doen nie. Daarom beteken seks lewe getroude lewe, daar is dus 'n bietjie toegewing. 'n Lisensie, "Goed, jy kan hierdie lisensie neem." Maar geen ongeoorloofde seks nie. Dit sal jy nooit in staat stel nie.

So eet, slaap, geslagsgemeenskap en verdedig. En verdediging, ons verdedig onsself op so baie maniere, maar nog steeds is daar oorlog, en die aanslag van materiële aard... Jou land se verdedig is so goed, maar nou iword die petrol weggeneem. Nou kan daar nie verdedig word nie. Net so, kan alles op enige oomblik weggeneem word. So maak staat op Kṛṣṇa om jou te verdedig, vir verdediging. Avaśya rakṣibe kṛṣṇa. Dit word oorgawe genoem. Oorgawe, beteken... Kṛṣṇa sê dat "Gee jy oor aan My," sarva-dharmān parityajya (BG 18.66). Laat ons dit glo, dat "Kṛṣṇa ons vra om oor te gee. Laat ek dan oorgee. Hy moet my in gevaar beskerm. " Dit word oorgawe genoem.