AF/Prabhupada 0084 - Word net 'n Liefhebber van Krishna



Lecture on BG 2.22 -- Hyderabad, November 26, 1972

So ons posisie is so dat ons kennis van Krsna kan ontvang, die perfekte persoon, die Hoogste Persoonlikheid van Godheid. Ons aanvaar die literatuur, wat onfeilbaar is. Dis ongetwyfeld so. Net soos toe ek naby die stalle verby gestap het, was daar hope en hope beesmis. So het ek toe aan my volgelinge verduidelik, dat as diere, ek bedoel as dit menslike ontlasting was wat daar gelê het, sou niemand daar naby kon kom nie. Niemand nie. Maar die beesmis, daar is hope beesmis, nogtans vind ons dit 'n plesier om daar te loop. En in die Vedas word gesê, "koeimis is suiwer." Dit staan ​​bekend as literatuur. As jy wil argumenteer, "Hoe is dit moontlik? Dit is dieremis." Maar die Vedas, hulle... Omdat die kennis volmaak is, dat selfs al kan ons nie in argumente bewys dat dieremis suiwer is nie, is dit wel suiwer. Daarom is Vediese kennis perfek. En as ons kennis van die Vedas aanvaar, spaar ons soveel tyd wat verlore gaan in ondersoek of navorsing. Ons is baie lief vir navorsing. Alles is daar in die Vedas. Hoekom mors jy dan jou tyd? So, dit is Vediese kennis. Vediese kennis beteken dit wat gespreek is deur die Opper Heer. Dit is Vediese kennis. Apauruṣeya. Dit is nie woorde wat deur gewone mense soos ek, gespreek is nie. So as ons Vediese kennis aanvaar, as ons dit aanvaar, die feite soos dit deur Krsna gestel is, of deur Sy verteenwoordiger... Omdat Sy verteenwoordiger niks sal sê wat Krsna nie sal sê nie. Daarom is hy 'n verteenwoordiger. Die Kṛṣṇa bewuste persone is verteenwoordigers van Kṛṣṇa omdat 'n Kṛṣṇa bewuste persoon geen nonsens sal praat nie, niks buite dit wat Kṛṣṇa sal sê nie. Dit is die verskil. Ander vabonde, hulle sal meer sê as wat Kṛṣṇa sê. Kṛṣṇa sê, man-manā bhava mad-bhakto mad-yājī māṁ namaskuru (BG 18.65), maar die skelm geleerde sal sê: "Nee, dit is nie Kṛṣṇa nie. Dit is iets anders." Waar kom dit vandaan? Kṛṣṇa sê duidelik, man-manā bhava mad-bhakto mad-yājī māṁ namaskuru (BG 18.65). So hoekom sal jy daarvan afwyk? Waarom sê jy iets anders: "Dit is iets binne Kṛṣṇa"? Jy sal vind... Ek wil nie name noem nie. Daar is so baie skelm geleerdes. Hulle interpreteer dit so. Daarom, ten spyte daarvan dat Bhagavad-gītā 'n boek van kennis van Indië is, word so baie mense mislei.... As gevolg van hierdie skelm geleerdes, die sogenaamde geleerdes. Omdat hulle dit eenvoudig verkeerd interpreteer.

Ons bied die Bhagavad-gītā soos dit is, aan. Kṛṣṇa së, sarva-dharmān parityajya mām ekaṁ śaraṇaṁ vraja (BG 18.66). Ons sê, ons verkondig: "Wees Kṛṣṇa bewus. Word net 'n devotee (aanhanger) van Krsna. Betoon jou respek... " Jy moet jou respek aan almal betoon Jy is nie verhewe nie. Jy moet iemand vlei om diens te kry. So is dit... Selfs al het jy 'n hoë posisie, jy moet vleiend wees. Selfs al word jy die president, word jy president van die land, moet jy jou landgenote vlei: "Stem asseblief vir my. Asseblief, ek sal vir jou soveel geriewe bied. " So moet jy vleiend wees. Dit is 'n feit. Jy kan maar 'n baie vername man wees. Maar iemand moet jy vlei. Jy moet een of ander baas aanvaar. Hoekom aanvaar jy nie vir Kṛṣṇa, die Allerhoogste Meester nie? Hoekom is dit moeilik?"Nee, ek aanvaar eerder duisende ander meesters buiten Kṛṣṇa." Dit is ons filosofie."Ek aanvaar duisende onderwysers behalwe Krsna. Dit is my beslissing." Hoe kan jy dan gelukkig wees? Geluk kan slegs bereik word deur die aanvaarding van Kṛṣṇa.

bhoktāraṁ yajña-tapasāṁ
sarva-loka-maheśvaram
suhṛdaṁ sarva-bhūtānāṁ
jñātvā māṁ śāntim ṛcchati
(BG 5.29)

Dit is die proses van Santi. Kṛṣṇa sê jy aanvaar dat "Ek is die een wat geniet. Jy is nie die genieter nie." Jy is nie die een wat geniet nie. Jy kan president word, of jy kan sekretaris wees; jy kan wees net wat jy wil. Jy is steeds nie die een wat geniet nie. Die een wat geniet is Kṛṣṇa. 'n Mens moet dit weet. Net soos in jou... Ek het gekom, en net een brief van die Andhra Hulp Komitee beantwoord. Wat sou hierdie bystands komitee kon doen as Kṛṣṇa nie tevrede was nie? Deur eenvoudig net fondse in te samel? Nee, dit is nie moontlik nie. Daar is nou reën. Nou kan jy voordeel daaruit trek. Maar die reënval is afhanklik van Kṛṣṇa, nie van jou fondsinsamelingskapasiteit nie.