AF/Prabhupada 1058 - Die Speker van die Bhagavad-Gita is die Heer Sri Krishna



660219-20 - Lecture BG Introduction - New York

Die speker van die Bhagavad-Gita is die Heer Sri Krsna. Daar word melding gemaak van Hom, op elke bladsy van die Bhagavad-Gita, as die Allerhoogste Persoonlikheid van Godheid, Bhagavan. Natuurlik, "Bhagavan" word soms toegewys aan enige magtige persoon of enige magtige halfgod, maar hier is Bhagavan beslis aangewys as Sri Krsna, 'n groot persoonlikheid, maar ter selfde tyd moet ons Sri Krsna ken, soos dit deur al die ācāryas bevestig word... ek bedoel, selfs deur Śaṅkarācārya, Rāmānujācārya, Madhvācārya, Nimbārka Svāmī en Sri Caitanya Mahaprabhu en vele ander. In Indië is daar baie gesaghebbende geleerdes en ācāryas, ek meen, gesaghebbendes van die Vediese kennis. Almal van hulle, insluitend Śaṅkarācārya, het Sri Krsna aanvaar as die Allerhoogste Persoonlikheid van Godheid. Die Here het Homself ook as die Allerhoogste Persoonlikheid van Godheid in die Bhagavad-Gita bevestig. Hy word so aanvaar in die Brahma-Samhita en al die Puranas, veral in die Bhāgavata purana: kṛṣṇas tu bhagavān svayam (SB 1.3.28). So daarom moet ons die Bhagavad-Gita aanvaar net soos dit deur die Persoonlikheid van Godheid Homself verklaar word.

In die Vierde hoofstuk van die Bhagavad-Gita sê die Here:

imaṁ vivasvate yogaṁ
proktavān aham avyayam
vivasvān manave prāha
manur ikṣvākave 'bravīt
(BG 4.1)
evaṁ paramparā-prāptam
imaṁ rājarṣayo viduḥ
sa kāleneha mahatā
yogo naṣṭaḥ parantapa
(BG 4.2)
sa evāyaṁ mayā te 'dya
yogaḥ proktaḥ purātanaḥ
bhakto 'si me sakhā ceti
rahasyaṁ hy etad uttamam
(BG 4.3)

Die idee is ... Het die Here vir Arjuna gesê "Hierdie joga, hierdie stelsel van joga, Bhagavad-gītā, was vir die eerste keer deur My tot die son-god gespreek en die son-god het dit aan Manu verduidelik. Manu het dit aan Ikṣvāku verduidelik, en op dié manier, deur oordrag van een dissipel na die volgende, een na die ander, kom hierdie joga stelsel, en met die verloop van tyd het die stelsel verlore gegaan. En daarom spreek Ek weer hierdie einste joga stelsel, die einste ou joga stelsel van die Bhagavad-gītā, of die Gītopaniṣad. Omdat jy My aanhanger is en jy My vriend is, daarom is dit net vir jou moontlik om dit te verstaan. "

Die veronderstelling is dat Bhagavad-Gita 'n verhandeling is wat spesiaal bedoel is vir die aanhanger van die Here. Daar is drie klasse transendentale, naamlik die jñānī, die yogī en die bhakta. Of die persoonlikheidsnegeerder, of die mediteerder, of die aanhangers. So hier word dit duidelik vermeld. Die Here sê vir Arjuna dat "Ek spreek of ek maak jou die eerste man van die paramparā. Omdat die ou paramparā of die ou lyn van dissiepelskap nou gebreek is, wil ek daarom weer 'n ander paramparā vestig in dieselfde lyn van denke soos dit was vanaf die son-god na die ander. So neem jy dit en versprei jy dit. Die stelsel, die joga stelsel van die Bhagavad-Gita kan nou deur jou versprei word. Word jy die gesaghebbende ten opsigte van die verstaan van die Bhagavad-Gita. " So hierdie is 'n aanduiding dat die Bhagavad-Gita veral aan Arjuna onderrig was, aan die aanhanger van die Here, die direkte student van Krsna. En nie net dit nie, hy was as vriend intiem in in aanraking met Krsna. Daarom word die Bhagavad-Gita ​​deur 'n persoon, met soortgelyke eienskappe as Krsna, verstaan. Dit beteken dat hy 'n aanhanger moet wees, Hy moet 'n verhouding, 'n direkte verhouding met die Here hê.