AF/Prabhupada 1060 - Tensy iemand hierdie Bhagavad-Gita in 'n onderdanige Gees ontvang...



660219-20 - Lecture BG Introduction - New York

Sarvam etad ṛtaṁ Manye (BG 10.14). "Ek neem dit, ek glo dat alles wat U gespreek het, dat dit alles korrek is. En U persoonlikheid, U die persoonlikheid van Godheid, is baie moeilik om te verstaan. En daarom kan U nie bekend wees aan selfs die halfgode nie. U kan nie geken word, selfs nie deur die halfgode nie. " Dit beteken dat die Allerhoogste Persoonlikheid van Godheid nie geken sal word, selfs nie deur groter persoonlikhede as die mens nie, en hoe sal 'n mens ​​Sri Krsna kan verstaan sonder om Sy aanhanger te word? Daarom moet die Bhagavad-Gita opgeneem word in 'n gees van afhanklikheid van of onderdanigheid aan Heer Sri Krsna. 'n Mens moenie dink dat hy op gelyke vlak, op dieselfde vlak as Sri Krsna is nie, of 'n mens moenie dink dat Hy 'n gewone persoonlikheid, of miskien 'n baie groot persoonlikheid is nie. Nee. Heer Sri Krsna is die Hoogste Persoonlikheid van Godheid. So, ten minste teoreties, volgens die stellings van Bhagavad-Gita of die verklarings, die stelling van Arjuna, moet die persoon wat probeer om die Bhagavad-Gita te verstaan, Sri Krsna aanvaar as die hoogste Persoonlikheid van Godheid, en dan wel met 'n onderdanige gees ... Tensy iemand hierdie Bhagavad-Gita in 'n onderdanige gees en gehoor ontvang, is dit baie moeilik om die Bhagavad-Gita te verstaan, want dit is 'n groot misterie. So in hierdie Bhagavad-Gita ... Ons kan wel 'n opname maak van wat hierdie Bhagavad-Gita is. Dit Bhagavad-Gita is bedoel vir die verlossing van mense, mense wat onkundig is oor hierdie materiële bestaan. Elke mens is op soveel maniere in die moeilikheid, soos Arjuna ook in die moeilikheid was in die tweestryd oor die geveg van Kurukṣetra. En so het hy homself oorgegee aan Sri Krsna, en daarom is hierdie Bhagavad-Gita gespreek. Net so, is nie net Arjuna nie maar elkeen van ons altyd vol angs as gevolg van hierdie materiële bestaan. Asad-grahāt. Dit is ... Ons bestaan ​​is in die omgewing, of atmosfeer van nie-bestaan. Maar eintlik, bestaan ons wel. Ons bestaan ​​is ewig, maar op een of ander manier is ons in hierdie toestand van asat geplaas. Asat beteken wat nie bestaan ​​nie. En, uit so baie mense wat wel navraag doen oor sy posisie oor wie of wat hy is, waarom hy in hierdie ongemaklike posisie van lyding geplaas word.. Nie tensy iemand bewus word van hierdie posisie van, "Hoekom ly ek? Ek soek nie al hierdie lyding nie. Ek het probeer om 'n oplossing te vind vir al hierdie lyding, maar ek het misluk. " Nie tensy iemand in daardie posisie is nie, word hy nie ge-ag as volmaakte mens nie. Menswees begin wanneer hierdie soort van navrae in 'n mens se verstand ontwaak. In die Brahma-Sutra word hierdie ondersoek brahma-jijñāsā genoem. Athāto brahma jijñāsā. En elke aktiwiteit van die mens word as 'n mislukking geag, indien hierdie navraag nie in sy gedagtes is nie. So persone wat hierdie vrae in sy gedagtes laat ontwaak het nl. "Wat is ek, hoekom ly ek, waarvandaan kom ek of waar gaan ek heen na die dood, " wanneer hierdie navrae kom, ontwaak het in die gees van 'n verstandige mens, dan is hy prakties die regte student om die Bhagavad-Gita te kan verstaan. En hy moet śraddhāvān word. Śraddhāvān. Hy moet respek, opregte respek betoon teenoor die Allerhoogste Persoonlikheid van Godheid. So 'n persoon, as die ideale persoon was Arjuna.