AF/Prabhupada 1065 - Iemand moet eerstens leer dat hy nie hierdie materiële liggaam is nie



660219-20 - Lecture BG Introduction - New York

So, wanneer ons so wesenlik besmet is, word dit ons gekondisioneerde staat genoem. Gekondisioneerde staat. En die valse ego, die valse bewussyn ... Die valse bewussyn word onder die indruk gelaat dat "Ek is die produk van hierdie materiële natuur." Dit word vals ego genoem. Al die materiële aktiwiteite, yasyātma-buddhiḥ kuṇape tri-dhātuke (SB 10.84.13). Yasyātma-buddhiḥ kuṇape tri-dhātuke, iemand wat diep onder die indruk is van 'n liggaamlike opvatting. Dus, die hele Bhagavad-Gita word deur die Here verduidelik, want Arjuna het homself voorgehou as iemand met 'n sterk liggaamlike opvatting en. so 'n mens moet bevry word van die liggaamlike opvatting van die lewe. Dit is dus die voorlopige aktiwiteit vir iemand wat vryheid wil hê, wat bevry wil word. En hy moet eerstens leer dat hy nie hierdie materiële liggaam is nie. So hierdie bewussyn, of materiële bewussyn ... Wanneer ons bevry word van hierdie materiële bewussyn, word dit Mukti genoem. Mukti of bevryding beteken om vry te wees van die materiële, liggaamlike opvatting. In die Śrīmad-Bhāgavata word ook 'n definisie van bevryding gegee: muktir hitvānyathā rūpaṁ svarūpeṇa vyavasthitiḥ (SB 2.10.6). Svarūpeṇa vyavasthitiḥ. Mukti beteken bevryding van die besmette bewussyn van hierdie materiële wêreld, en om gevestig te raak in suiwer bewustheid. En die hele onderrig, die onderrig van die Bhagavad-Gita, is gemik daarop om die suiwer bewustheid wakker te maak. Ons sal in die laaste fase van die onderrig in die Bhagavad-Gita vind dat Krsna vir Arjuna vra of hy nou in gesuiwerde bewustheid is. Of hy 'n gesuiwerde bewussyn het. Gesuiwerde bewussyn beteken om op te tree volgens die anwysings van die Here. Dit is gesuiwerde bewussyn. Dit is die somtotaal van 'n gesuiwerde bewussyn. Bewussyn is reeds daar, maar omdat ons fragmente van die geheel is, daarom word ons geaffekteer. Daar is 'n affiniteit om geraak te word deur die materiële hoedanighede. Maar die Here, omdat Hy die Allerhoogste is, word nooit beïnvloed nie. Hy word nooit beïnvloed nie. Dit is die verskil tussen die Here en die Allerhoogste ... Allerhoogste Here en die ...

Wel, hierdie bewussyn is ... Wat is hierdie bewustheid? Die bewussyn is "Ek is." So, wat is ek? Indien iemand in die besmette bewussyn verkeer beteken "Ek is" eerder dat "Ek is die Here van alles wat ek aanskou." Dit is onsuiwer bewussyn. En "Ek is die een wat geniet." Die hele materiële wêreld se beweging is sodat elke lewende wese dink "Ek is die Here, en ek is die skepper van hierdie materiële wêreld." Hierdie bewussyn het twee psigiese bewegings of twee psigiese afdelings. Een daarvan is dat "Ek is die skepper," en die ander is "Ek is die een wat geniet." Maar die Allerhoogste Heer is eintlik die Skepper en Hy is eintlik die een wat geniet. En die lewende entiteite, wat dele en fasette is van die Allerhoogste Heer, is nie eintlik die skepper of die een wat geniet nie, maar hy wel die meedoener. Net soos 'n volledige masjien. 'n Deel van die masjien is die operateur. Of as ons net na die samestelling van ons liggaam kyk. So, in die liggaam is daar hande, daar is bene, daar is oë, en al hierdie instrumente, hulle het hul werk, Maar al hierdie dele van die liggaam, hulle is nie die een wat geniet nie. Die maag is die een wat geniet. Die bene beweeg van een plek na 'n ander. Die hande is om te versamel, die hande is daar vir die voorbereiding van voedsel, en die tande moet kou, en alles, al die dele van die liggaam, is besig om die maag te bevredig want die maag is die beginpunt van alle aktiwiteite van hierdie liggaam. En alles moet aan die maag gegee word. Prāṇopahārāc ca yathendriyāṇām (SB 4.31.14). Net soos jy kan sien hoe 'n boom groen word wanneer water op die wortels gegoei word. Of jy wat gesond kan word ... Die dele van die liggaam-die hande, die bene, die oë, die ore, die vingers- alles word gesond gehou wanneer die dele van die liggaam saam met die maag werk. Net so, die hoogste lewende wese, die Here, Hy is die een wat geniet. Hy is die een wat geniet en Hy is die skepper. En ons, ek meen, die ondergeskikte wesens, die produkte van die energie van die opperste heer, ons is net daar om saam met Hom te werk. Sulke samewerking sal help. Net as voorbeeld, voedsame kos wat deur die vingers geneem word, As die vingers dink "Hoekom moet ons dit vir die maag gee? Kom ons geniet. " Dit is waar die fout lê. Die vingers is nie in staat om te geniet nie. As vingers die genot van daardie betrokke voeding wil smaak, moet die vingers dit aan die maag gee.