AF/Prabhupada 1073 - So lank as wat ons nie die neiging opgee om te wil heers oor die materiële aarde nie



660219-20 - Lecture BG Introduction - New York

In die 15de hoofstuk van die Bhagavad-Gita, word die ware prentjie van hierdie materiële wêreld gegee. Daar word gesê dat

ūrdhva-mūlam adhaḥ-śākham
aśvatthaṁ prāhur avyayam
chandāṁsi yasya parṇāni
yas taṁ veda sa veda-vit
(BG 15.1)

So word hierdie materiële wêreld in die vyftiende hoofstuk van die Bhagavad-Gita beskryf dit is soos 'n boom wie se wortel opwaarts groei, ūrdhva-mūlam. Het jy enige ervaring van 'n boom wie se wortels opwaarts groei? Ons het die ervaring van so 'n boom, waarvan die wortels opwaarts groei deur refleksie. As ons ​​op die oewer van 'n rivier of enige reservoir van water staan, sal ons sien dat die boom op die oewer van die reservoir van water weerspieël word in die water met die stam afwaarts en die wortels opwaarts. So hierdie materiële wêreld is prakties 'n weerspieëling van die geestelike wêreld. Net soos die weerspieëling van die boom op die oewer van 'n reservoir van water afwaarts gesien word, Net so, word die materiële wêreld 'n skaduwee genoem. 'n Skaduwee. En soos in die skaduwee kan daar geen werklikheid wees nie, maar ter selfde tyd, uit die skaduwee kan ons verstaan ​​dat daar 'n werklikheid is. 'n Goeie voorbeeld is dat die skaduwee van die water in die woestyn daarop dui dat daar geen water in die woestyn is nie, maar daar is water. Net so, in die weerspieëling van die geestelike wêreld, of in hierdie materiële wêreld, is daar ongetwyfeld, geen geluk nie, is daar geen water nie. Maar die werklike water, of die werklike geluk, is in die geestelike wêreld. Die Here stel voor dat 'n mens die geestelike wêreld op die volgende wyse, nirmāna-Moha kan bereik.

nirmāna-mohā jita-saṅga-doṣā
adhyātma-nityā vinivṛtta-kāmāḥ
dvandvair vimuktāḥ sukha-duḥkha-saṁjñair
gacchanty amūḍhāḥ padam avyayaṁ tat
(BG 15.5)

Die padam avyayam, daardie ewige koninkryk, kan deur iemand bereik word wat nirmāna-Moha. Nirmāna-Moha. Nirmāna beteken ons jaag posisies na. Kunsmatig wil ons 'n paar ampstitels na. Iemand wil meneer word, iemand wil Here word, iemand wil die president word, of iemand wil 'n ryk man word, en iemand wil iets anders wees, die koning. Al hierdie ampttitels, so lank as ​​wat ons geheg is aan hierdie ampstitels ... Want, na alles behoort hierdie ampstitels aan die liggaam, en ons is nie hierdie liggaam nie. Dit is die eerste konsep van geestelike verwesenliking. 'n Mens moet geen aantrekkingskrag vir ampstitels hê nie. En jita-saṅga-doṣā, saṅga-doṣā. Nou assosieer ons in verhouding tot die drie vorme van materiële eienskappe, en as ons onsself losmaak deur middel van gewyde diens aan die Here ... So lank as wat ons nie aangetrokke tot gewyde diens aan die Here is nie kan ons onsself nie losmaak van die drie vorme van die materiële natuur nie. Daarom sê die Here, vinivṛtta-kāmāḥ, hierdie ampstitels of hierdie aangetrokkenheid is te danke aan ons begeertes, ons wil. Ons wil heers oor die materiële natuur. So, so lank as wat ons nie hierdie geneigdheid om oor die materiële wêreld the wil heers, opgee nie, tot op daardie tydstip is daar geen moontlikheid om terug te keer na die koninkryk van die Allerhoogste nie, die sanātana-dhāma. Dvandvair vimuktāḥ sukha-duḥkha-saṁjñair gacchanty amūḍhāḥ, amūḍhāḥ padam avyayaṁ tat (BG 15.5). Die ewige koninkryk, wat nooit vernietigbaar is soos hierdie materiële wêreld nie, kan nie genader word deur amūḍhāḥ. Amūḍhāḥ beteken nie- betower, iemand wat nie betower word deur die aantrekkingskrag van hierdie valse plesier nie. Iemand wat gevestig is in die hoogste diens van die Here, hy is die regte persoon wat die ewige koninkryk kan nader. En daardie ewige koninkryk vereis geen son, of maan of elektrisiteit nie. Dit is 'n kykie in hoe iemand die ewige koninkryk kan nader.