AF/Prabhupada 1074 - Alle ellendes wat ons in hierdie materiële wêreld ervaar - is alles as gevolg van hierdie liggaam



660219-20 - Lecture BG Introduction - New York

Op 'n ander plek in die Bhagavad-Gita staan daar ook

avyakto 'kṣara ity uktas
tam āhuḥ paramāṁ gatim
yaṁ prāpya na nivartante
tad dhāma paramaṁ mama
(BG 8.21)

Avyakta beteken nie-gemanifesteer. Selfs die deel van die materiële wêreld is nie voor ons gemanifesteer nie. Ons sintuie is so onvolmaak dat ons nie kan sien hoeveel sterre daar is nie, hoeveel planete daar in hierdie materiële heelal is nie. Natuurlik, in die Vediese literatuur kry ons inligting van al die planete. Ons kan dit glo of nie glo nie, maar al die belangrike planete waarmee ons verbinding het, word in die Vediese literatuur beskryf, veral in die Śrīmad-Bhagavatam. Maar die geestelike wêreld, wat buite die bestek van hierdie materiële ruimte val, paras tasmāt tu bhāvo 'PIK (BG 8.20), maar avyakta, die nie- gemanifesteerde geestelike ruimte, is die paramāṁ gatim, dit is, 'n mens moet die begeerte hê, 'n mens moet hunker daarna om daardie opperste koninkryk te bereik. En sodra iemand die hoogste koninkryk Yam prāpya nader, kan iemand daardie hoogste koninkryk bereik, na nivartante, en diegene hoef nie terug te keer na hierdie materiële wêreld nie. En die plek wat die ewige woonplek van God is, dit van waar ons nie hoef terug te keer nie, dit is ons, dit behoort ons mikpunt te wees Nou kan 'n vraag kan geopper word, hoe moet ons die hoogste woning van die Here nader? Dit word ook in die Bhagavad-Gita beskryf. Dit word in verse 5, 6, 7, 8 van die 8ste hoofstuk beskryf, die proses van hoe om die Opperste Heer of Allerhoogste se woonplek te nader word ook daar gegee. Dit word so beskryf:

anta-kāle ca mām eva
smaran muktvā kalevaram
yaḥ prayāti sa mad-bhāvaṁ
yāti nāsty atra saṁśayaḥ
(BG 8.5)

Anta-kāle, aan die einde van die lewe, met die dood. Anta-kāle ca mām eva. Iemand wat aan Krsna dink, smaran, as hy kan onthou. 'n Sterwende persoon, ten tye van die dood, As hy die vorm van Krsna kan onthou en terwyl hy sodanig onthou, indien hy die huidige liggaam verlaat, dan sal hy waarlik die geestelike koninkryk nader, mal-bhāvam. Bhāvam beteken die geestelike aard. Yaḥ prayāti sa mad-bhāvaṁ yāti. Mad-bhāvam beteken net soos die aard of die transendentale aard van die Opperwese. Soos ons reeds beskryf het, dat die Allerhoogste Here sac-cid-Ananda-vigraha (BS 5.1) is. Hy het sy vorm, maar Sy vorm is ewig, sit; en vol kennis, cit; en vol geluk, ānanda. Ons kan nou ons huidige liggaam vergelyk, of hierdie liggaam sac-cid-ānanda is.. Nee, die liggaam is asat. In plaas van om sit te wees is dit asat. Antavanta ime dehā (BG 2.18), Bhagavad-Gita sê dat hierdie liggaam antavat, bederfbaar is. En ... Sac-cid-ānanda. In plaas van om sat te wees, is dit asat, net die teenoorgestelde. En in plaas van om cit, vol van kennis te wees, is dit vol van onkunde. Ons het geen kennis van die geestelike koninkryk nie, ons het ook geen volmaakte kennis van hierdie materiële wêreld nie. Daar is so baie dinge onbekend aan ons, hierdie liggaam is dus onkundig. In plaas van om kundig te word is dit onkundig. Die liggaam is bederfbaar, vol van onkunde, en nirānanda. In plaas van om vol geluk te wees, is dit vol van ellende. Al die ellendes wat ons in hierdie materiële wêreld ervaar, dit is alles te danke aan hierdie liggaam.