Template

Template:AF/Afrikaans Main Page - Collaborate With Us

Daar is baie mense wat nog nooit in kontak gekom het met die leerstellings van Srila Prabhupada nie. Hy was 'n uitsonderlike man wat geestelike kennis van Krishna vanuit Indië na die weste gebring het. Danksy hom het baie mense geïnteresseerd geword om joga te doen, te mediteer, mantras te sing en 'n vegetariese leefstyl te volg. Hy het tot op die laaste oomblik van sy lewe gewerk om Krishna Bewustheid met die wêreld te deel. Hy het 'n groot begeerte gehad om sy leerstellings in alle tale te vertaal. As almal openbare en vrye toegang het tot al die leerstellings van Srila Prabhupada in hulle moedertale, sal dit beslis die wêreld bevoordeel.

Afrikaans het 6.8 miljoen sprekers, en van die meer as 7000 tale in die wêreld, is Afrikaans die 140ste grootste taal. Dit is 'n ryk en briljante taal wat baie het om te lewer. Help ons om Srila Prabhupada se leerstellings vir almal beskikbaar te maak in Afrikaans teen November 2027. Jou passie van die taal kan ander mense beinvloed om ook 'n bydrae hier te maak. As ons saam aan hierdie projek deelneem, of dit nou op 'n groot skaal of op 'n klein skaal is, sal ons Srila Prabhupada se nalatenskap, sy "Vani Tempel", vir ewig beskikbaar stel aan alle Afrikaansprekendes.

As jy 'n deel wil wees van ons span vertalers, kan jy vir my 'n epos stuur na: [email protected]

Ek sien baie uit daarna om jou in ons span te hê!