Template

Template:AF/Afrikaans Main Page - What is Vanipedia

Vanipedia is 'n dinamiese ensiklopedie van Srila Prabhupada se woorde (vani). Deur samewerking ondersoek en stel ons volledig die leerstellings van Srila Prabhupada vanuit verskillende standpunte saam en stel dit op toeganklike en maklik verstaanbare maniere voor. Ons bou 'n unieke bewaarplek van die digitale leerstellings van Srila Prabhupada om hom 'n voortdurende, wêreldwye platform aan te bied om die wetenskap van Krishna-bewustheid aan die wêreld bekend te stel en mee te deel, tot die voordeel van almal.


Die Vanipedia-projek is 'n wêreldwye meertalige samewerkingspoging wat slaag vanweë die vele volgelinge van Srila Prabhupada wat op verskillende maniere na vore kom om deel te neem. Elke taal is in verskillende ontwikkelingsfases. Ons wil hê dat al die opgeneemde lesings en gesprekke van Srila Prabhupada in ten minste 16 tale vertaal word en en dat sy briewe in 32 tale vertaal word, met ten minste 25% voltooi as 'n aanbieding vir die 50ste herdenking van sy heengaan in November 2027. Sal Afrikaans een van hierdie tale wees?

Dit belangrik om Vanipedia in Afrikaans te vertaal want almal het die reg om Srila Prabhupada se woorde in hulle eie taal te lees. Dit sal help om ons taal aan die lewe hou en dit sal help om Afrikans meer aktueel te maak.