AF/Prabhupada 0017 - Spirituele Energie En Materiële Energie



Lecture on Sri Isopanisad, Mantra 1 -- Los Angeles, May 2, 1970

Daar is twee soorte energieë wat in hierdie materiële wêreld werk: die geestelike energie en die materiële energie. Met materiële energie word bedoel agt soorte materiële elemente. Bhūmir APO 'nalo vāyuḥ: (BG 7.4) aarde, water, vuur, lug, ruimte, die verstand, intelligensie, en die ego. Dit is alles materieël. En soortgelyk is dit, fyner, fyner, fyner, of growwer, growwer, growwer. Net soos water meer verfyn is as die aarde, so is vuur meer verfyn as water, lug is meer verfyn as vuur, en ruimte is weer meer verfyn as lug. So ook is die intelligensie meer verfyn as ruimte, of die verstand is meer verfyn as die ruimte. Die verstand ... Julle weet, ek het al 'n paar keer 'n voorbeeld gegee van die spoed waarteen die verstand werk. Jou verstand kan duisende kilometers binne 'n sekonde aflê.. Soos wat alles meer verfynd raak, so word dit meer kragtig. Dus, wanneer jy uiteindelik by die geestelike gedeelte kom, wat die fynste is, dit waaruit alles voortspruit, o, dan is dit baie kragtig. Dit is die geestelike energie. Dit word so in die Bhagavad-Gita gegee. Wat is hierdie geestelike energie? Hierdie geestelike energie is die lewende entiteit. Apareyam itas tu viddhi my prakṛtiṁ para (BG 7.5). Krsna sê, "Dit is die materiële energie. Verby dit, verder, is daar is 'n ander, geestelike energie." Apareyam. Apara beteken minderwaardig. Apareyam. "Al hierdie materiële elemente, dit is almal minderwaardige energie. En verder is daar 'n verhewe energie, My liewe Arjuna. " Wat is dit? Jiva-bhūta Maha-bāho: "Hierdie lewende entiteite." Hulle is ook energie. Ons lewende entiteite, ons is ook energie, maar 'n beter soort energie. In watter opsig beter? Omdat yayedaṁ dhāryate Jagat (BG 7.5). Die beter energie beheer die minderwaardige energie. Materie het geen krag nie. Die groot vliegtuig, 'n mooi masjien, vlieg in die lug, en word gemaak van materie. Maar tensy die geestelike energie, die vlieënier, daar is, is dit nutteloos. Is dit nutteloos. Vir duisende jare sal die straalvliegtuig ​​op die lughawe staan; dit sal nie vlieg nie, nie tensy die klein deeltjie geestelike energie, wat die vlieënier is, kom en dit aanraak nie. So, waar lê die probleem om God te verstaan? Dit is so eenvoudig, hierdie groot masjien ... en daar is baie groot masjiene, kan nie beweeg sonder dat dit deur die geestelike energie aangeraak word nie, 'n mens of 'n lewende wese. Hoe kan jy verwag dat al hierdie materiële energie automaties of sonder enige beheer sal werk? Hoe kan jy sulke argumente voorhou? Dit is net nie moontlik nie. Dus sal die minder intelligente klas mens nie kan verstaan ​​hoe hierdie materiële energie beheer word deur die Allerhoogste Here nie.