AF/Prabhupada 0042 - Neem Hierdie Inisiasie Baie Ernstig Op



Initiation Lecture Excerpt -- Melbourne, April 23, 1976

Prabhupāda: In die Caitanya-caritāmṛta, terwyl Srila Rupa Gosvāmī onderrig word, het Caitanya Mahaprabhu gesê,

ei rūpe brahmāṇḍa bhramite kona bhāgyavān jīva
guru-kṛṣṇa-kṛpāya pāya bhakti-latā-bīja
(CC Madhya 19.151)

Die lewende entiteite, hulle verhuis van een vorm van lewe na 'n ander en dwaal van die een planeet na 'n ander, soms in 'n lae-graad lewe, soms in 'n hoë-graad lewe. So gaan dit aan. Dit is die sogenaamde saṁsāra-cakra-vartmani. Gisteraand het ek verduidelik, mṛtyu-saṁsāra-vartmani. Hierdie presiese woord was gebruik, mṛtyu-saṁsāra-vartmani. 'n Baie moeilik weg van die lewe, om te sterf. Almal is bang om te sterf, want niemand weet wat na die dood gaan gebeur nie. Diegene wat dwase was, hulle word diere. Terwyl diere geslag word, dink die ander diere "Ek is veilig." So, 'n persoon met min intelligensie sal nooit wil sterf en 'n ander liggaam aanvaar nie. En ons weet nie watter soort liggaam ons gaan kry nie. So hierdie inisiasie, deur die genade van guru en Krsna, moet dit nie ligtelik opneem nie. Neem dit baie ernstig op. Dit is 'n groot geleentheid. Bīja beteken saad, saad van bhakti. So, alles wat jy voor die Here belowe het, voor jou geestelike meester, voor die vuur, voor die Vaiṣṇavas, moet nooit afwyk van hierdie belofte nie. Dan sal jy gevestig bly in jou geestelike lewe: geen ongeoorloofde seks, geen eet van vleis nie, geen dobbel, geen dronkenskap - hierdie vier nee's - en sing Hare Krsna - een ja. Vier nee's en een ja. Dit sal jou lewe suksesvol maak. Dit is baie maklik. Dit is nie moeilik nie. Maar māyā is baie sterk, lei ons soms van die pad af. So wanneer ons deur māyā mislei word om af te wyk, bid net tot Krsna, "Red my asseblief. Ek is oorgegee, ten volle oorgegee, en wees so gaaf en gee my beskerming," en Krsna sal jou beskerming gee. Maar moenie hierdie geleentheid misloop nie. Dit is my versoek. Ek plaas al my goeie wense en seëninge op julle. So laat ons die geleentheid van bhakti, bhakti-lata-bīja, benut. Mālī hañā sei bīja kare āropaṇa. So wanneer ons 'n goeie saad kry, moet ons dit op die aarde saai. As voorbeeld, wanneer jy baie goeie saad van 'n eerste-klas blom kry, moet jy dit in die grond saai en net 'n bietjie water gee. Dit sal groei. Hierdie saad kan gekweek word deur dit nat te maak. Wat is hierdie natmaak? Śravaṇa kīrtana jale karaye secana (CC Madhya 19.152). Die natmaak van die saad, bhakti-lata, is śravaṇa-kīrtana, luister en sing. So sal julle meer en meer hoor hieroor van die sannyāsīs en die Vaiṣṇavas. Maar moenie hierdie geleentheid misloop nie. Dit is my versoek. Dankie baie. Aanhangers: Jaya Srila Prabhupada!