AF/Prabhupada 0053 - Die Eerste Ding Wat Ons Moet Hoor



Lecture on SB 2.1.5 -- Delhi, November 8, 1973

So ons is ook prakṛti. Ons is ook energie van God. En omdat ons probeer om materie se hulpbronne te gebruik, kry materiële dinge waarde. Andersins, het dit geen waarde nie, niks. Maar ons belange is... Dit word hier vermeld, omdat ons nou met hierdie mareriële dinge verstrenge raak... Die materiële dinge is nie vir ons van belang nie. Ons enigste belang is hoe om hier uit te kom. Dit is ons werklike belang. As jy daarby belang vind, dan is die voorskrifte hier. Wat is dit? Śrotavyaḥ kīrtitavyaś ca. Tensy jy hoor, hoe sal jy jou posisie kan verstaan? Wanneer jy ​​God, Krsna, verstaan en jy verstaan ​​dat jy deel van God, of Krsna is, dan kan jy jou posisie verstaan: "O, ons is deel van God." Krsna is die Hoogste Persoon, ṣaḍ-aiśvarya-pūrṇam, vol van alle oorvloed. Net soos 'n besete seun in die straat slenter , wanneer hy met gesonde verstand verstaan dat "My pa is so ryk, so sterk, en waarom slenter ek in die straat rond soos 'n besetene? Ek het geen kos, geen skuiling nie. Ek gaan van deur tot deur om te bedel, " dan kom hy tot sy sinne. Dit word die brahma-bhūta (BG 18.54) stadium genoem. "O, ek is, ek is nie hierdie liggaam nie. Ek is die gees, die siel, deel van God. O."

Dit is bewussyn. Hierdie is die bewussyn wat ons probeer op wek. Dit is die beste welsynsdiens wat aan mense bewys kan word, om sy verlore bewussyn te help ontwaak. In sy dwaasheid dink hy "Ek is die produk van materie, en ek moet my dinge in hierdie materiële wêreld daarby aanpas. "Dit is dwaasheid. Werklike intelligensie is Brahma-bhūta, ahaṁ brahmāsmi. ahaṁ brahmāsmi "Ek is deel van God. God is die hoogste Brahman. Ek is, is deel van... "Net soos goud 'n deel is van die goud- die goudmyn, dit mag 'n klein oorring wees, dit bly nog goud. Net soos die klein bietjie seewater dieselfde gehalte sout het Net so het ons, omdat ons deel is van God, het ons ook dieselfde eienskappe. Kwalitatief, is ons een. Hoekom hunker ons na liefde? Omdat daar liefde in Krsna is. Ons aanbid hier Radha-Krsna. Oorspronklik is daar dus liefde. Daarom sal ons, wat deel van God is, ook probeer om lief te hê. 'n Man is besig om 'n ander vrou lief te hê, 'n vrou probeer om 'n ander man lief te hê. Dit is natuurlik. Dit is nie kunsmatige nie. Maar dit is wel verwronge in die materiële bedekking. Dit is die gebrek. Wanneer ons vry is van hierdie materiële bedekking, dan is ons kwalitatief ānandamayo 'bhyāsāt (Vedanta-Sutra 1.1.12), jolig... Soos Krsna altyd dans... jy sal Krsna nooit vind... Jy het al die foto van Krsna gesien waar hy teen die Kaliya slang veg. Hy dans. Hy is nie bang vir die slang nie. Hy dans. As Hy met die gopis in Rasa-lila dans, netso dans Hy met die slang. Want Hy is ānandamayo 'bhyāsāt. Hy is ānandamaya altyd jolly. Altyd. Jy sal Krsna sien...Krsna... Net soos toe die gevegte in Kurukṣetra aan die gang was. Krsna was jolig. Arjuna was stuurs omdat hy 'n lewende entiteit is, maar Hy was nie stuurs nie. Hy was jollig. Dit is Gos se aard. Ānandamayo 'bhyāsāt. Dit is die Sutra, in die Brahma-Sutra staan daar dat "God ānandamaya is, altyd jollig, altyd vrolik." So jy kan ook vrolik raak wanneer jy terug huis toe gaan, terug na Godheid toe. Dit is ons probleem. Hoe kan ons daarheen gaan? Die eerste ding is dat ons moet hoor. Śrotavyaḥ. Probeer net om te hoor wie God is, wat Sy koninkryk is, hoe Hy optree, hoe vrolik Hy is. Hierdie is die dinge wat aangehoor moet word. Śravaṇam. Dan word jy spoedig oortuig, "O, God is so gaaf," dan sal jy gretig wees om dit te demonstreer of te verkondig aan die hele wêreld. Dit is kīrtanam. Dit is kīrtanam.