AF/Prabhupada 0054 - Almal Veroorsaak Vir Krishna Net Moeilikheid



His Divine Grace Srila Bhaktisiddhanta Sarasvati Gosvami Prabhupada's Appearance Day, SB 6.3.24 -- Gorakhpur, February 15, 1971

So die Māyāvādī wil bewys dat die uiteindelike waarheid nirākāra of onpersoonlik is. So Krsna gee jou intellek: "Ja, jy bring hierdie na vore. Bring hierdie logika na vore, hierdie logika, of daardie logika. " Net so, gee Krsna... Daar is 'n spreekwoord in Bengali wat dui op hoe God werk, die een man, 'n huisheer, bid tot God, "My liewe Here, mag daar nie enige diefstal of inbraak in my huis gedurende hierdie nag wees nie. Bewaar my asseblief." So bid een man hierdie gebed, bid dit net so. Nog 'n man, die dief, bid ook "My liewe Here, ek gaan vannag inbreek by hierdie huis. Help my asseblief om iets te kry. " Dus, wat is Krsna se posisie dan nou? (Lag) Krsna is in almal se hart. So Krsna moet so baie gebede aanhoor en bevredig. Die inbreker en die dief en die huisheer, so baie gebede. So Krsna moet op 'n manier aanpas... maar hy is nog steeds... Dit wys Krsna se intellek, die wyse waarop Hy aanpas. Hy gee aan almal vryheid. En almal word fasiliteite gegee, maar steeds is Hy bekommerd. Daarom beveel Krsna sy aanhangers "Moenie iets beplan nie. Jou rakker, jou nonsens, jy gee my net moeilikheid. (Lag) gee jouself met oorgawe aan My. Beweeg net volgens My plan; dan sal jy gelukkig wees. Jy maak planne, en jy is ongelukkig; Ek is ook ongelukkig. (Lag) Ek is ook ongelukkig. So baie planne kom daagliks, en ek sal hulle moet vervul. " Maar Hy is barmhartig. As 'n... Ye yathā mam prapadyante tams... (BG 4.11).

So, behalwe vir die aanhanger van Krsna, gee almal eenvoudig net vir Krsna moeilikheid, moeilikheid, moeilikheid. Daarom word hulle duṣkṛtina genoem. Duṣkṛtina, mees ongelowige, die oortreders. Moenie enige planne maak nie. Aanvaar Krsna se plan. Dit sal net vir Krsna moeilikheid gee. Daarom sal 'n aanhanger nie eers bid vir sy lewensmiddele nie. Dis 'n suiwer aanhanger. Hy veroorsaak nie vir Krsna moeilikheid nie, selfs nie vir sy basiese lewensmiddele nie. As daar geen lewensmiddele is nie, sal hy daaronder ly, hy sal vas; Tog, sal hy nie vra Krsna, "Krsna, ek is baie honger. Gee asb. vir my 'n bietjie kos." Natuurlik, Krsna is op en wakker namens Sy aanhanger, maar 'n devotee se beginsel is om nie met enige planne by Krsna te kom nie. Laat Krsna handel. Ons moet eenvoudig net volgens Sy planne handel.

So, wat is ons plan? Ons plan is, sê Krsna, sarva-dharmān parityajya mām ekaṁ śaraṇaṁ (BG 18.66). Man-manā bhava mad-bhakto mad-yājī So ons plan is dieselfde. Ons is eenvoudig besig met werwing vir Krsna, sodat "Jy Krsna bewus kan word." Ons moet 'n voorbeeld stel, hoe ons meer en meer Krsna bewus raak, hoe ons Krsna aanbid, hoe ons op straat verskyn om Krsna se naam te vibreer, Sy transendentale naam. Nou versprei ons net Krsna se prasādam. En so ver dit moontlik is, is ons besigheid om persone te oorreed om Krsna bewus te raak.Dit is al. Om dié rede, kan jy jou planne maak, want dit is Krsna se planne. Maar dit moet ook deur Krsna goedgekeur word. Moenie jou eie planne smee of saamflans nie. Daarom, om jou te lei, is 'n verteenwoordiger van Krsna 'n vereiste. Dit is die geestelike meester. So daar is 'n groot plan en 'n groot skema. Daarom moet ons in die voetspore van die mahājanas volg. Soos dit hier vermeld word, dat dvādaśaite vijānīmo dharmaṁ bhagavatam bhaṭāḥ. Hy het gesê dat "Ons, die gekose mahājanas, verteenwoordigers van Krsna, ons weet wat bhāgavata-dharma is, wat Krsna dharma. is " Dvādaśa. Dvādaśa. Die dvādaśa beteken twaalf name, soos reeds genoem: svayambhūr nāradaḥ śambhuḥ... (SB 6.3.20). Ek het verduidelik. So Yamarāja het gesê, "slegs ons, net hierdie twaalf manne, verteenwoordigers van Krsna, ons weet wat is bhāgavata-dharma. " Dvādaśaite vijānīmaḥ. Vijānīmaḥ beteken "ons weet." Dharmaṁ bhagavatam bhaṭāḥ, guhyaṁ viśuddhaṁ durbodhaṁ Yam jñātvāmṛtam aśnute. "Ons weet nie." Dit word dus aanbeveel, mahājano yena gataḥ sa panthāḥ (CC Madhya 17.186). Hierdie mahājanas, soos hulle voorgeskryf word, is die werklike wyse waarop begrip vir Krsna, of geestelike verlossing verkry kan word.

So ons volg die Brahma-sampradāya, die eerste, Svayambhū. Brahma. Brahma, dan Narada, van Narada, Vyāsadeva. Op hierdie manier, Madhvācārya, Sri Caitanya Mahaprabhu, op hierdie manier. So vandag, omdat ons die voetspore volg van... van Sri Bhaktisiddhānta Sarasvati Gosvāmī Prabhupada, so dit is vandag sy verskyningsdag. So ons moet dit tithi, baie respekteer en bid tot Bhaktisiddhānta Sarasvati Gosvāmī dat "Ons besig sal wees met u diens. Gee ons dus krag, gee ons die intelligensie. En ons word gelei deur u dienaar. " Op hierdie manier moet ons leer hoe om te bid. En ek dink ons sal in die aand al prasādam kan versprei.