AF/Prabhupada 0058 - Spirituele Liggaam Beteken Ewige Lewe



Lecture on BG 2.14 -- Mexico, February 14, 1975

Eintlik beteken geestelike liggaam die ewige lewe van geluk en kennis. Hierdie liggaam wat ons nou besit, die materiële liggaam, dit is nie ewig nie, ook nie salig en vol van kennis nie. Elkeen van ons weet dat hierdie materiële liggaam sal eindig, En dit is vol van onkunde. Ons kan niks sê van wat buite hierdie muur is nie. Ons het sintuie, maar hulle is almal beperk, onvolmaak. Soms is ons baie trots om te kan sien en dan wil ons uitdaag, "Kan jy vir my God wys?" maar ons vergeet dat sodra daar nie lig is nie, die bron van my krag om te sien ook weg is. Daarom is die hele liggaam onvolmaak en vol onkunde. Die geestelike liggaam beteken vol kennis, presies die teenoorgestelde. Dus, ons kan so 'n liggaam in ons volgende lewe kry, en ons moet beraam hoe om daardie soort liggaam te kry. Ons kan beraam om die volgende liggaam in die hoër sonnestelsel te kry of ons kan beraam om die volgende liggaam soos die van katte en honde te kry, en ons kan 'n liggaam kweek vir die ewigheid, vol salige kennis. Daarom sal die mees intelligente persoon probeer om 'n volgende liggaam vol saligheid, kennis en ewigheid te kry. Dit word in die Bhagavad-gita verduidelik. Yad gatvā na nivartante tad dhāma paramaṁ mama (BG 15.6). Dit is daardie plek, daardie planeet, of daardie lugruim, waarheen jy gaan en waarvan jy nooit weer terugkeer na hierdie materiële wêreld nie. In die materiële wêreld, selfs al word jy bevorder tot die hoogste planetêre stelsel, Brahmaloka, Tog, sal jy moet terugkeer. En as jy jou beste probeer om na die geestelike wêreld, terug na jou huis, terug na Godheid, te gaan sal jy nie weer terugkom om hier 'n materiële liggaam te aanvaar nie.