AF/Prabhupada 0059 - Moenie jou Eintlike Besigheid Vergeet nie



Lecture on BG 2.14 -- Mexico, February 14, 1975

Die vraag is dan "As ek ewig is, waarom is daar in die lewe so baie miserabele toestande? En hoekom word ek gedwing om te sterf?" So, hierdie is eintlik 'n intelligente vraag "As ek ewig is, waarom moet ek dan in hierdie materiële liggaam, wat onderworpe is aan die dood, geboorte, ouderdom en siekte, bly?" Daarom leer Krsna dat hierdie ellendige toestande van die lewe te danke is aan hierdie materieële liggaam. Diegene wat karmīs is, dit beteken diegene wat betrokke is in sintuiglike bevrediging... Hulle word karmīs genoem. Die karmīs gee nie om vir die toekoms nie; hulle wil net die onmiddellike fasiliteite van die lewe geniet. Net soos 'n kind sonder die sorg van sy ouers, die hele dag net sal speel en nie omgee vir die toekoms nie, en nie enige onderrig verlang nie. Maar in die menslike vorm van die lewe, indien ons werklik intelligent is, sal ons ons bes probeer om die lewe of liggaam te kry waar daar geen dood, geboorte, ouderdom en siekte is nie.

Dus, hierdie Krsna bewustheidbeweging beteken om mense op te voed vir die doel. Nou, 'n mens kan sê dat "As ek net my lewe wy in Krsna bewustheid, hoe gaan my materiële noodsaaklikhede voorsien word?" Die antwoord word daar in die Bhagavad-gita gegee, dat enigiemand wat bloot besig bly in Krsna bewustheid, vir sy noodsaaklikhede van die lewe sal Krsna voor sorg. Krsna sien om na almal se onderhoud. Eko yo bahūnāṁ vidadhāti Kaman: "Daardie een Allerhoogste Persoon sien om na al die behoeftes van alle lewende entiteite" Dus, vir 'n aanhanger wat probeer om terug te gaan huis toe, terug na Godheid toe, sal daar geen skaarste wees nie. Wees dus gerus. Krsna sê in die Bhagavad-gita, teṣāṁ satata-yuktānāṁ yoga-kṣemaṁ vahāmy aham: (BG 10.10) "'n Aanhanger wat altyd in My diens betrokke is, Ek sien om na hoe sy noodsaaklikhede van die lewe vervul sal word." 'n Praktiese voorbeeld is dat in hierdie Krsna bewustheid beweging ons honderde sentrums het, en in elke tempel leef nie minder nie as vyf en twintig tot 250 aanhangers. Ons het geen vaste manier vir inkomste nie, en ons spandeer in al die takke tagtig duisend dollar per maand. Maar deur die genade van Krsna het ons geen skaarste nie; alles word voorsien. Mense is soms verbaas "Hierdie mense werk dan nie, volg nie 'n beroep nie, hulle sing net Hare Krsna. Hoe leef hulle?" Dus, daar is geen twyfel nie. As katte en honde op die genade van God kan leef, kan die aanhangers baie gemaklik deur die genade van God lewe. Dit hoef nie bevraagteken te word nie, maar as iemand meen dat "Ek leef met Krsna bewustheid, maar ek ly tekorte in so baie dinge," vir hulle of vir almal van ons is die opdrag : Matra-sparśās tu kaunteya śītoṣṇa-Sukha-duḥkha-dah: (BG 2.14) "Hierdie pyne en plesier is net soos die winter en somer." In die winter is die water pynlik, en in die somer is die water aangenaam. So, wat is die posisie van die water? Is dit aangenaam of pynlik? Dit is nie pynlik nie en ook nie aangenaam nie, maar in sekere seisoene, wanneer dit die vel raak blyk dit pynlik of aangenaam te wees. Sulke pyne en plesier word hierin verduidelik: "Hulle kom en gaan. Hulle is nie permanent nie." Agama apāyinaḥ anityāḥ beteken "Hulle kom en gaan;. Daarom is hulle nie permanent nie" Krsna beveel dus āṁs titikṣasva bhārata: "Verduur dit net." Maar moenie van jou werklike besigheid, Krsna bewustheid vergeet nie Moenie omgee vir hierdie materieële pyne of plesiere nie.