AF/Prabhupada 0060 - Lewe kan nie uit Materie kom nie



Room Conversation with Svarupa Damodara -- February 28, 1975, Atlanta

Prabhupāda: Ons sê dat die lewe, die lewende entiteit, in die semin is en dit word in die skoot van die vrou gesit, dan kan 'n liggaam ontwikkel. Die begin is die lewe. Dit is prakties. En die lewe is 'n deel van die hoogste lewe. Daarom is die begin God. Janmādy Asya yataḥ (SB 1.1.1). Athāto brahma jijñāsā. So ons moet hierdie teorie vestig in hierdie misleide wêreld... En behalwe dit, ook waarom hulle nie lewe kan produseer uit materie nie. Wat is die waarde van hul stelling? Dat hulle nog nie in staat was om dit te doen nie. Waar is die bewys dat lewe uit materie kom? Doen jy dit.

Svarūpa Dāmodara: Bewyse word ondersoek.

Prabhupāda: Eh? Dit is nonsens. Dit is nonsens. Hierdie bewys dat die lewe kom van lewe, daar is bewyse, soveel bewyse. 'n Man, dier, bome-alles is afkomstig van die lewe. Tot nou toe het niemand gesien dat 'n man gebore word uit 'n klip nie. Niemand het dit gesien nie. Soms word dit genoem vṛścika-taṇdūla-nyāya. Ken jy dit? Vṛścika-taṇdūla-nyāya. Vṛścika beteken skerpioen en taṇdūla beteken rys. Soms sien ons 'n paar hope rys, en 'n skerpioen kom uit die rys. Maar dit is nie dat die rys geboorte geskenk het aan die skerpioen nie. Jy het dit nog nie in jou land gesien nie? Ons het dit al gesien. Van die rys, hope rys, kom een skerpioen, 'n klein skerpioen. Die feit is dat die ouer van die skerpioen hulle eiers in die rys gelê het en wanner dit gis, kom die skerpioen uit, nie dat dit uit die rys kom nie. Daarom word dit genoem vṛścika-taṇdūla-nyāya. Vṛścika beteken skerpioen en taṇdūla beteken rys. So "Lewe is afkomstig van materie" - dit word vṛścika-taṇdūla-nyāya genoem. Lewe kan nie uit materie kom nie. Behalwe as... Net soos wanneer daar lewe is , by lewende entiteite, kan die liggaam groei, die liggaam kan verander of groei, soos jy sê. Maar as die kind dood is of dood gebore word, dan kan die liggaam nie groei nie. Materie kan wel op die lewe groei.