AF/Prabhupada 0077 - Jy Kan Beide Wetenskaplik en Filosofies Studeer



Ratha-yatra -- San Francisco, June 27, 1971

Kṛṣṇa sê, diegene wat voortdurend, vir vier en twintig uur van die dag besig is in Krsna se diens... Net soos hierdie studente, die lidmate van die Kṛṣṇa-bewustheids Beweging, jy sal hulle vier en twintig uur in diens van Kṛṣṇa vind. Dit is die, ek meen, betekenis van die Kṛṣṇa- bewustheids Beweging. Hulle is altyd besig. Hierdie Ratha Yatra-seremonie is een van die geleenthede, sodat, ten minste een dag, almal van julle in staat sal wees om betrokke te wees in die Kṛṣṇa- bewustheids Beweging. Dis 'n kwessie van oefen, en as jy deur jou hele lewe oefen, kan jy, ten tye van die dood, as jy gelukkig is, vir Kṛṣṇa onthou, en dan is jou lewe suksesvol. Oefening word dus vereis. yaṁ yaṁ vāpi smaran loke tyajaty ante kalevaram (BG 8.6). Ons moet hierdie liggaam prysgee, dit is verseker. En dan, ten tye van die dood, as ons vir Kṛṣṇa kan onthou, sal ons onmiddellik na Kṛṣṇa se woning kan gaan. Kṛṣṇa is oral, maar Kṛṣṇa het steeds 'n spesiale blyplek wat Goloka Vṛndāvana genoem word. Jy moet verstaan ​​dat ons liggaam, ons liggaam ons sintuie beteken, en bo die sintuie is daar die verstand, wat baie subtiel is, wat die sintuie beheer en bo en behalwe die verstand is daar die intelligensie, en bo die intelligensie is daar die siel. Ons beskik oor geen inligting nie, maar as ons hierdie bhakti-joga stelsel beoefen, sal ons geleidelik ​​verstaan ​​wie ons is. Ek is nie die liggaam nie. Oor die algemeen het selfs groot, groot geleerdes, groot, groot filosowe, wetenskaplikes, almal die konsep van die self as die liggaam. Almal dink, "Ek is die liggaam," maar dit is 'n fout. Ons is nie die liggaam nie. Laat ek verduidelik. Liggaam beteken die sintuie, maar die sintuie word beheer deur die verstand, en die verstand word beheer deur die intelligensie, en die intelligensie word beheer deur die siel. Daarvan was jy nie bewus nie. Daar is geen opvoedkundige stelsel in die hele wêreld wat die bestaan ​​van die siel verklaar nie, dit wat hoofsaaklik nodig is vir die verstaan van die menslike wese is nie. 'n Menslike wese is nie veronderstel om sy tyd te verspil soos diere nie, deur eenvoudig te eet, slaap, te paar en homself te beskerm nie. Dit is dierelewe. Die ekstra intelligensie van die mens moet aangewend word om te verstaan wat "ek is ... Wat ek? Ek is 'n geestelike siel." As ons dit verstaan, ​​dat "Ek is die geestelike siel" en dat die liggaamlike konsep van die lewe, wat verwoesting saai in hierdie wêreld ... In die liggaamlike konsep van die lewe dink ek "Ek is 'n Indiër," jy dink "Amerikaans," hy dink iets anders. Maar ons is almal een. Ons is 'n geestelike siel. Ons is almal die ewige dienaars van Kṛṣṇa, Jagannātha.

So, vandag is 'n baie mooi, luisterryke dag. Op hierdie dag het Heer Kṛṣṇa, terwyl hy hier op aarde teenwoordig was, het Hy 'n sonsverduistering seremonie by Kurukṣetra bygewoon, en Kṛṣṇa, saam met sy broer Balarāma en Subhadra, Sy suster, het hulle die landstreek Kurukṣetra besoek. Die landstreek Kurukṣetra is nog steeds in Indië teenwoordig. As jy Indië eendag besoek sal jy die landstreek Kurukṣetra steeds daar vind. So hierdie Ratha Yatra-seremonie word uitgevoer ter herdenking van Kṛṣṇa se besoek, saam met sy broer en suster, aan Kurukṣetra. So die Heer Jagannātha, Heer Caitanya Mahāprabhu was in ekstase. Hy was in die liefdevolle bui van Rādhārāṇī, en hy het gedink, "Kṛṣṇa, asseblief, kom terug Vṛndāvana toe." Hy het dus gedans voor die Ratha Yatra-, en jy sal verstaan as jy 'n paar van die gepubliseerde boeke lees, gepubliseer deur die beweging. Een van die boeke staan ​​bekend as 'Die Leringe van Heer Caitanya.' Dit is 'n baie belangrike boek. As jy hierdie Kṛṣṇa- bewustheids beweging wil leer ken, het ons genoeg boeke om te lees. Jy kan hulle wetenskaplik en filosofies bestudeer. Maar as jy nie lus het om te studeer nie, kan jy net die sing van die Hare Kṛṣṇa mantra opneem en geleidelik sal alles aan jou geopenbaar word, en jy sal jou verhouding met Kṛṣṇa kan verstaan. Baie dankie vir jul deelname in hierdie seremonie. Laat ons nou die Hare Kṛṣṇa mantra sing en voortgaan met Jagannātha Swami. Hare Kṛṣṇa.