AF/Prabhupada 0078 - Deur Geloof, Probeer Eenvoudig net te Hoor



Lecture on SB 1.2.16 -- Los Angeles, August 19, 1972

So śuśrūṣoḥ śraddadhānasya vāsudeva-kathā-ruciḥ. In die vorige vers, was dit reeds verduidelik, yad anudhyāsinā yuktāḥ (SB 1.2.15). 'n Mens moet altyd aan die dink bly. Dit is die swaard. Jy moet hierdie swaard van Krsna-bewustheid neem. Dan word jy vry. Die knoop word deur die swaard gesny. So ... hoe kry ons hierdie swaard in die hande? Die proses word hier beskryf; dat jy net, met geloof, probeer om te luister en hoor. Dit is hoe jy die swaard sal kry. So eenvoudig. Eintlik is ons Krsna-bewustheids beweging besig om uit tebrei. Ons kry die swaard, die een na die ander, deur net te hoor en luister. Ek het hierdie beweging in New York begin. Julle almal weet dit. Ek het eintlik nie enige swaard gehad nie. Net soos in sommige godsdienste, neem hulle die godsdienstige geskrifte in die een hand en 'n ander hand, die swaard "Aanvaar hierdie Geskrif, anders, sal ek jou kop afsny." Dit is 'n ander manier van preek. Maar ek het ook 'n swaard, maar nie daardie soort van swaard nie. HIerdie swaard - is om mense die kans te gee om te hoor. Dit is al. Vāsudeva-kathā-ruciḥ. So gou as wat hy 'n ruci kry ... Ruci. Ruci beteken smaak. "Ah, hier is gesprekke oor Kṛṣṇa, baie gaaf. Laat ek luister." Op hierdie manier kry jy die swaard, onmiddellik. Die swaard is in jou hande.

Vāsudeva-kathā-ruciḥ. Maar hierdie ruci, wie kan dit kry? Hierdie smaak? Omdat, soos ek al 'n paar keer verduidelik het, hierdie smaak, is net soos die van lekkergoed. Almal weet dit is baie soet, maar as jy dit vir 'n man gee wat aan geelsug ly, sal dit vir hom bitter proe. Almal weet lekkergoed is soet, maar die betrokke man wat aan die siekte, geelsug, ly Hy sal die smaak van lekkergoed as baie bitter ervaar. Almal weet dit. Dit is 'n feit.

So ruci, die smaak om te luister na vāsudeva-kathā, kṛṣṇa-kathā, sal nie deur die wesenlik siek persoon geproe kan word nie. Hierdie ruci, smaak. Daar is aanvangs aktiwiteite om die smaak te ontwikkel . Wat is dit? Die eerste ding is waardering: ". O, dit is baie mooi" Ādau śraddhā, śraddadhāna. So śraddhā, waardering, dit is die begin. Dan sādhu-saṅga (CC Madhya 22.83). Dan inskakeling, assosiasie: "Goed, hierdie mense sing en praat van Krsna. Laat ek gaan sit en laat ek meer luister en hoor. " Dit is die sogenaamde sādhu-saṅga. Assosieer met diegene wat aanhangers, devotees, is. Dit is die tweede fase. Die derde fase is bhajana-kriyā. Wanneer iemand goed inskakel, assosieer, dan sal hy voel, "Hoekom word ek nie 'n dissipel nie?" So ontvang ons 'n aansoek, "Prabhupada, sal jy so gaaf wees en my aanvaar as jou dissipel." Dit is die begin van bhajana-kriyā. Bhajana-Kriya beteken om betrokke te wees in die diens van die Here. Dit is die derde fase.