AF/Prabhupada 0081 - Die Liggame Op die Son Planeet is almal Vuuragtig



Lecture on BG 2.13 -- New York, March 11, 1966

So hier, hier word daar gesê dhīra.

dhīra.:dehino 'smin yathā dehe

kaumāraṁ yauvanaṁ Jara
tathā dehāntara-prāptir
dhīras tatra na muhyati
(BG 2.13)

Dehinaḥ. Dehinaḥ beteken "iemand wat hierdie materiële liggaam aanvaar het." Asmin. Asmin beteken "in hierdie wêreld" of "in hierdie lewe." Yathā, "as." Dehe. Dehe beteken "binne hierdie liggaam." Omdat dehinaḥ beteken "een wat hierdie liggaam aanvaar het," en dehe, "binne hierdie liggaam." So, sit ek binne hierdie liggaam. Maar, ek is nie die liggaam nie. Net soos jou liggaam binne hierdie hemp en baadjie is, insgelyks, is ek ook binne hierdie liggaam, hierdie materiële liggaam en die subtiele liggaam. Dit materiële liggaam is gemaak van die aarde, water en vuur, lug, en eter, hierdie materiële liggaam, ons hele materiële liggaam. So, op hierdie aarde, op hierdie planeet, is grond, die aarde prominent. Oral is die liggaam, die materiële liggaam, gemaak van hierdie vyf elemente: grond, water, vuur, lug en eter. Dit is die vyf bestanddele. Net soos in hierdie gebou. Hierdie hele gebou bestaan ​​uit grond, water en vuur. Jy het 'n bietjie grond geneem en die bakstene gemaak en in die vuur gebak, nadat die grond met water gemeng is, word bakstene gevorm en in die vuur gebak, en dan wanneer dit sterk genoeg is, word so 'n groot gebou daarmee gebou. Dit is dus eenvoudig niks anders as 'n toonbeeld van grond, water en vuur nie. Dis al. Net so, is ons liggaam ook op dié manier: aarde, water, vuur, lug en eter. Lug... Lug is in beweging, die asemhaling. Jy weet. Die lug is altyd teenwoordig. Hierdie buitenste vel is die aarde, en daar is hitte in die maag. Sonder hitte kan jy niks verteer nie. Jy sien? Sodra die hitte verminder, word jou verteringskrag sleg. So baie dinge. Dit is die beskikking. So, op hierdie planeet het ons hierdie liggaam waar die aarde, grond baie prominent is. Net so, op ander planete, iewers op ander planete, is water baie prominent, iewers is vuur baie prominent. Op die son planeet, is die liggame daar... Daar is ook lewende entiteite, maar hul liggaam is so gemaak dat dit vuur kan weeerstaan. Hulle kan in die vuur bestaan. Hulle kan ​​in die vuur bestaan. Net so, Varuṇaloka, op Venus, al hierdie planete, hulle bevat verskillende tipes liggame. Net soos die ervaring van water hier op aarde, die waterdiere, hulle het 'n ander tipe liggaam. Vir jare en jare lewe die waterdiere binne die water en is hulle baie gemaklik daar. Maar die oomblik wat jy hulle na die land toe uitsleep, sal hulle sterf. Net so, is jy baie gemaklik op die aarde, maar die oomblik wat jy onder die water gesit word, sal jy sterf. Omdat jou liggaam, jou liggaamsbou anders is, en sy liggaam, die liggaamsbou verskillende is, die liggaamsbou van 'n voël... Die voëls, swaar voëls, kan vlieg, maar dit is God wat hul vlieënd gemaak het. Maar die mensgemaakte instrumente, dit val, dit stort neer. Jy sien? Omdat dit kunsmatig is.

So is dit beskik. Elke lewende wese het 'n bepaalde soort liggaam. Dehino 'smin yathā dehe (BG 2.13). En wat is die aard van daardie liggaam? So, hier word die saak verduidelik, die manier waarop ons ons liggaam kan verander. Hoe... Maar, maar, maar, want dit is vir ons 'n moeilike probleem, omdat ons behep is met die idee om onsself, die siel, met die liggaam te identifiseer. So, die eerste A-B-C-D van geestelike kennis is om te verstaan ​​dat "Ek is nie die liggaam nie." Tensy iemand vas oortuig is dat "Ek is nie die liggaam is nie," kan hy nie vorder op die geestelike pad nie. Dus is die eerste les in die Bhagavad-Gita geskoei op dié manier. So hier is dit, dat dehino 'smin. Nou, dehī, die siel. Siel, dehī beteken siel. Iemand wat hierdie liggaam, materiële liggaam aanvaar het, hy word dehī genoem. So asmin, hy is daar. Hy is daar, maar sy liggaam verander.