AF/Prabhupada 0082 - Krishna is Oral Teenwoordig



Lecture on BG 4.24 -- August 4, 1976, New Mayapur (French farm)

Devotee: Ons sê dat Krsna binne die geestelike, in die hart van die lewende entiteit teenwoordig is.

Prabhupada: Krsna is oral teenwoordig.

Devotee: As 'n persoon of as 'n energiebron?Prabhupāda: As sy energie. Ook as persoon. as persoon wat ons nie met ons huidige oë kan sien, maar as energie wat ons kan voel. Klaar hierdie punt al hoe meer op. So wanneer dit ten volle besef word, dan is hierdie vers, dat alles Brahma is, sarvaṁ khalv idaṁ brahma... Die gevorderde devotee, hy sien niks behalwe Kṛṣṇa raak nie.

Devotee: Śrīla Prabhupāda, is daar 'n werklike verskil tussen die materiële energie en die geestelike energie?

Prabhupāda: Ja, daar is baie verskille. Dieselfde voorbeeld, van elektrisiteit. So baie dinge werk met verskillende vorme van energie. Selfs die diktafoon werk met elektrisiteit. Deur dieselfde energie, elektrisiteit. Daarom sê Kṛṣṇa ahaṁ: "sarvasya prabhavaḥ Hy" (BG 10.8). is die oorsprong l'origine de tout.

Devotee: Dit word in Bhagavad-gītā verduidelik dat elkeen van liggaam verander tydens hierdie leeftyd, maar ons sien dat 'n swart man nooit wit word nie, dat daar 'n konstante is, daar is iets wat konstant bly binne die liggaam, asof dit nooit verander nie. Wat is dit? Hoe gebeur dit, die liggaam verander, maar tog kan ons iemand van sy jeug tot op sy oudag erken.

Prabhupāda: Soos jy verder vorder sal jy vind dat daar geen onderskeid tussen swart en wit is nie. Net soos as 'n blom blom, is daar baie kleure. So dit kom uit dieselfde bron. Daar is dus geen verskil nie, maar om dit mooi te maak word soveel kleure benodig. In die sonskyn is daar sewe kleure, en van daardie sewe kleure, kom menigte ander kleure, oorspronklik die een kleur wit, en dan kom daar soveel ander kleure. Is dit duidelik so of nie?

Devotee: Śrīla Prabhupāda, as Kṛṣṇa alles geskep het en alles is aan Kṛṣṇa se wil onderhewig, kan ons werklik sê wat goed of sleg is?

Prabhupāda: Daar is geen goed of sleg nie, dit is 'n versinsel. Maar oor die algemeen, die materiële wêreld is bekend vir alles wat sleg is.