AF/Prabhupada 1066 - Minder intelligente mense beskou die Allerhoogste Waarheid as Onpersoonlik



660219-20 - Lecture BG Introduction - New York

Die hele samestelling is dat die sentrale figuur, die sentrale figuur van die skepping, die sentrale figuur van genot, die Opperste Heer is, en dat die lewende entiteite, eenvoudig maar net saamwerk.. Deur samewerking, deur samewerking geniet hulle. Die verhouding is net soos die van 'n meester en 'n dienskneg. As die Meester bevredig is, as die meester heeltemal tevrede is, is die dienaars outomaties tevrede. Dit is die wet. Net so moet die Allerhoogste Here tevrede wees, hoewel die neiging daar is vir almal om skepper te wil word en die neiging daar is om hierdie materiële wêreld te wil geniet, ... is dit ook in die lewende entiteite teenwoordig, want dit is teenwoordig in die Allerhoogste Here. Hy het geskep, Hy het die gemanifesteerde kosmiese wêreld geskep.

Daarom vind ons in hierdie Bhagavad-Gita dat die volledige geheel, bestaande uit die hoogste kontroleerder, die beheerde lewende entiteite, die kosmiese manifestasie, die ewige tyd, en die aktiwiteite, almal en alles tenvolle verduidelik word. So staan die volledige geheel ​​bekend as die absolute waarheid. Die volledige geheel, of die Allerhoogste Absolute Waarheid, is dus die volledige Persoonlikheid van Godheid Sri Krsna. Soos ek verduidelik het, die manifestasie is te danke aan Sy verskillende energieë, en Hy is die volledige geheel.

Die onpersoonlike Brahman word in die Bhagavad-Gita verduidelik en daardie onpersoonlik Brahman is ook ondergeskik aan die volledige Persoon. Brahmaṇo 'Gam pratiṣṭhā (BG 14.27). Onpersoonlike Brahman is ook.... Die onpersoonlike Brahman word meer uitdruklik in die Brahma-Sutra verduidelik as die strale van die son. Soos daar strale van die son is en die sonplaneet self, Net so, is die onpersoonlike Brahman die blink strale van die Allerhoogste Brahman of die Hoogste Persoonlikheid van Godheid. Daarom is die onpersoonlike Brahman 'n onvolledig verwesenliking van die absolute volledige geheel, en so ook die opvatting van Paramātmā. Hierdie dinge word ook in die Puruṣottama-joga verduidelik. Wanneer ons die hoofstuk van Puruṣottama-joga lees sal dit gesien word dat die Hoogste Persoonlikheid, Puruṣottama, bo die onpersoonlike Brahman en gedeeltelike realisering van Paramātmā is.

Die Hoogste Persoonlikheid van Godheid word sac-cid-Ananda-vigrahaḥ (Bs 5.1) genoem. In die Brahma-Samhita, begin dit soos volg: īśvaraḥ paramaḥ kṛṣṇaḥ sac-cid-ānanda-vigrahaḥ/ anādir ādir govindaḥ sarva-kāraṇa-kāraṇam (Bs 5.1)." Govinda, Krsna, is die oorsaak van al die oorsake. Hy is die oeroue Here. " So is die Allerhoogste Persoonlikheid van Godheid sac-cid-ānanda-vigrahaḥ. Die verwesenliking van die Onpersoonlik Brahman is die Sat deel, die ewigheid. En die Paramātmā is die verwesenliking van sit-cit, die verwesenliking van die ewige kennis. Maar die verwesenliking van die Persoonlikheid van Godheid as Krsna is die verwesenliking van al die transendentale funksies soos sat, cit, and ānanda, in volledige vigraha. Vigraha beteken vorm. Vigraha beteken vorm. Avyaktaṁ vyaktim āpannaṁ manyante mām abuddhayaḥ (BG 7.24). Minder intelligente mense beskou die Hoogste Waarheid as onpersoonlik, maar Hy is 'n persoon, 'n transendentale persoon. Dit word bevestig in alle Vediese literatuur. Nityo nityānāṁ cetanaś cetanānām (Katha Upaniṣad 2.2.13). So, soos ons ook persone, individuele wesens is, is ons mense, ons het ons individualiteit, ons is almal individue, Net so is die Hoogste Waarheid, die Hoogste Absolute, ook uiteindelik 'n persoon. En die verwesenliking van die Persoonlikheid van Godheid is die verwesenliking van al die transendentale funksies soos sat, cit, en ananda, in volledige vigraha. Vigraha beteken vorm. Daarom is die volledige geheel nie vormloos nie. Indien Hy vormloos is of as hy minder as enige ander ding is, kan Hy nie die volledige geheel wees nie. Die volledige geheel moet alles in ons ervaring en buite ons ervaring insluit. Anders kan Hy nie volledig wees. Die volledige Persoonlikheid van Godheid het geweldige krag. Parāsya śaktir vividhaiva śrūyate (CC Madhya 13.65, strekking). Dit word ook in die Bhagavad-Gita verduidelik, hoe Hy optree in verskillende sterkte. Die fenomenale wêreld of die materiële wêreld, waar ons nou is, is ook volledig in opsig self omdat pūrṇam idam (Śrī Īśopaniṣad, Aanroeping). Die 24 elemente van wat volgens Sāṅkhya filosofie, die 24 elemente van wat hierdie materiële heelal 'n tydelike verskynsel is, is heeltemal aangepas om dinge wat nodig is vir die instandhouding en selfversorging van die heelal volledig te produseer. Geen ekstra poging deur enige ander eenheid is nodig vir die instandhouding van die heelal nie. Dit geskied op sy eie tyd, gevestig deur die energie van die volledige geheel, en wanneer die tyd verstreke is, sal hierdie tydelike manifestasies vernietig word deur die volledige regulering van die Volmaakte.